Sondag oggend
Vroeg wakker
Die mis lê soos ‘n kombers in die vallei
Maar jy hoor die bikes jaag
Dan bid jy vir son
Om die mis te verbrand
Voor die ongeluk kom
Waarvoor bid jy?
Wanneer die mis in jou hart en kop
By jou oë uitpop?
Sondag oggend
Vroeg wakker
Die mis lê soos ‘n kombers in die vallei
Maar jy hoor die bikes jaag
Dan bid jy vir son
Om die mis te verbrand
Voor die ongeluk kom
Waarvoor bid jy?
Wanneer die mis in jou hart en kop
By jou oë uitpop?
So af en toe, so dan en wan, moet ek ietsie deel. Luister en kyk, kyk en luister en geniet
Tussen hier en daar, tussen geboorte en sterfdag is daar ‘n lyntjie. Elkeen van ons het so ‘n lyn, soms is dit met potlood getrek, soms wil ons dit uitvee. Partykeer is die lyn dik getrek met ‘n permanent marker, ander kere weer met ‘n bic pen. Die lyn is af en toe ‘n stippel-lyn met blotse trane, trane van huil of lag.
Ek dink aan die Duitse volksverhale oor Tyl Uilspieël wat elke dag van sy lewe sy ervarings sorgvuldig met sy vulpen in ‘n groot boek met ‘n deftige leeromslag geskryf het. Op die leer was in goue letters gedruk: My Lewe. Hy het die boek oral waar hy gegaan het, saam met hom gedra. Op ‘n dag is hy in stormweer met ‘n wankelrige hangbrug oor die Rynrivier. Die brug het so geswaai dat hy sy balans verloor het en in die rivier geval het.
‘n Visserman met ‘n boot het sy benoude geskreeu gehoor, en hom uit die malende, kolkende water gaan red. Sy eerste vraag was: “Waar is my boek? Na ‘n gesoek het hulle die uitgespoelde boek gekry. Die swierige leeromslag was steeds daar, met die goue woorde: ”My Lewe” Maar binnekant was daar niks. Elke letter, elke woord en sin was weggewas deur die water van die Rynrivier. Tyl Uilspieël moes op lyn een van bladsy een begin om ‘n nuwe verhaal van sy lewe te skryf.
Ek dink daaraan dat dit nie beteken het dat Uilspieël die ou verhale vergeet het nie, maar dat hy met die nuwe verhale wat hy opskryf, kan seker maak dat hy nie die ou stories se slegte dele weer sal opskryf nie. Mense wat hom seergemaak het, hoef nie weer genoem en opgeskryf te word nie. Die foute wat hy gemaak het, kan nou vermy word.
Dis klaar vertel. Dit hoef nie weer te gebeur nie. Gesigte, drome en name is in sy geheue ingegraveer. Dit hoef nie langer in sy boek te wees nie. Daar is nou baie plek vir die opskryf van nuwe name, nuwe stories. Stories oor lag en liefde en vriendskap. Nuwe onthou-oomblikke kan nou gekoester en opgeskryf word.
Ek begin inventaris neem van die stories in my boek “My Lewe.”
Die beskrywings van slegte ervarings, die mismoediges, die teleurstellendes, die onvoltooides skeur ek een-vir-een uit. Frommel die blaaie op. As tipe van ‘n soort binnepret verbeel ek nog ‘n storie. Hoe ek vroegoggend met my sleepwaentjie gelaai met uitgeskeurde, opgefrommelde bladsye vol muwwe stories na die naaste munisipale ashoop ry, so vroeg en gretig dat ek moet sit en wag dat hulle die hekke oopsluit. Hoe die wag by die hek nuuskierig in die waentjie sal loer en vra: “Wat het mevrou hier?” Hoe ek met ‘n groot glimlag sal sê: “’n Lewe.”
Naskrif – Tyl Uilspiëel is vertaal vanaf Till Eulenspiegel, ‘n middeleeuse poetsbakker wat gereeld uitgebeeld word as ‘n hofnar met ‘n uil in een hand en ‘n spieël in die ander. Letterlik vertaal word daar gemeen Eulenspiegel beteken uil wat sy boude afvee.
Standerd 7 was die laaste jaar van Geskiedenis op skool vir my. Ek dink dit het iets met Kimberley se gat te doen, nee regtig. Die onderwyseres, wie se naam ek lankal vergeet het, het die mooiste blou oë en die breedste boude gehad (Kimberley se gat). Sy was ook vreeslik streng en het Geskiedenis heel onaangenaam gemaak, met die gevolg dat dit glad nie as ‘n vak aangebied is van standard 8 af, vir ons jaar nie, te min leerlinge het belangestel om dit te neem.
Die laaste avontuur van die Goue Vroue het dit nodig gemaak om meneer google te nader om meer te leer van Jan van Riebeeck en hoe mense in daardie tyd geleef het. Soos dit maar gaan met Mr G, kry jy altyd meer as waarvoor jy vra en ek het toe nie net slimmer geraak oor onse Jan nie, maar ook ietsie geleer van die boere-oorlog. Dit fassineer my dat ek niks van die geskiedenis kan onthou nie, dit het dalk met die ouderdom te make. Die internet is maar ‘n haas-gat, wanneer jy eers begin lees kan jy nie ophou nie.
Vandag soek ek toe vir iets heeltemal anders en kom op ‘n blog af wat my fassineer, vir die wat wil lees, hier is die link https://samilhistory.com/2023/04/04/from-union-to-banana-republic/ Die blog is in Engels, maar die ou skryf op die man af en draai nie doekies om nie.
Die blog het my nogal laat dink, ons geskiedenisboeke op skool is geskryf in die tyd van apartheid en het bitter min van Suid-Afrika se geskiedenis uit ander oogpunte bevat. Ek wonder wat leer kinders vandag in die geskiedenis-klas? En is dit nie maar dieselfde met alle stories (want wat is geskiedenis anders?) nie? Daar is my storie, jou storie en êrens tussen-in, is daar die waarheid.
Foto gellen (https://www.slideshare.net/Bennies/wat-is-geskiedenis-regtig)
Met my tone in die sand en my voete heerlik vuil van kaalvoet loop, is ek op my gelukkigste. Die wekie weg was soos altyd te kort en my voete het nie genoeg kans gekry om behoorlik vuil te word nie, maar nog steeds is my voete (asook die res van my), baie meer happy as voor die kort vakansie.
Die laaste twee weke voor ons weggegaan het, het ek elke oggend met ‘n kopseer opgestaan en die idee was dat ek myself van die slaappille (wat ek 6 maande elke dag drink) gaan probeer afspeen. Toe vergeet ek dit per ongeluk by die huis, so dit was nie ‘n geleidelike oefening nie, net so eensklaps weg. Dis nou gedoen en ek slaap nou eers weer amper normaal sonder dit.
Ons het die lekkerste hang-stoele opgesit waaruit die boonste foto geneem is, daar kan mens opkrul met ‘n lekker boek, of ‘n cocktail drink en die wêreld sien verbygaan, heerlik!
Die heerlikheid om Una en Bertus te sien en saam te kuier was kos vir my siel en die Saterdag by die strand sal vir lank onthou word as een van die mees perfekte dae van my lewe, al was my voete minder happy met die skulpies loop af strand toe.
Terug by die huis bly dit darem maar lekker om in ‘n bad te kan lê en ons gaan definitief ‘n buite-bad moet bou waarin ek sommer vir lank kan soak. Una se bad sal definitief as voorbeeld dien.
All is well with my soul.
Ons kyk Blacklist se nuwe seisoen en natuurlik kon ek nie die laaste paar episodes van seisoen 8 onthou nie, so moes dit weer kyk. Hierdie song speel in episode 22 en ek moes dit gaan soek. Nog altyd ‘n groot Keane fan, was hierdie weergawe vir my amper net so mooi soos die oorspronklike. Geniet die naweek.
Snaaks hoe belangrik taal is, toe ek die boek “I thought it was just me, but it isn’t” begin lees het, het ek gou besef dat ek moet notas maak. Die konsep “Shame” word in die boek beskryf en 1 van die eerste goed wat neerskryf is “Wat is shame in Afrikaans?” Ek vertaal die woord met skaam, maar moet dit later doodkrap toe ek by die stuk kom oor die verskille tussen Shame en guilt. Skaam is die gevoel, maar dis nie shame nie, die naaste wat ek kom aan vertaal is skuld of skande, met die meegaande verwyte. Eintlik is dit selfs dieper as dit, skuld beteken baie keer eerder ek skuld jou iets, shame is meer die goed wat ons vir onnself sê wanneer ons in die spieël kyk. Goed wat ons glo, sonder dat dit in realiteit gegrond is, hierdie goed wat ons hele lewe beinvloed. “Shame is the fear of not being worthy of connection and belonging. It is the fear that you are not enough and will be rejected for your weaknesses.”
Daar is 12 items op die lys, wat in 3 breë kategorie verdeel word
Waar is ek op die lysie? Wat is my triggers
Genoeg oor die inhoud van die boek, dink elke ou wat sukkel met die goed moet eerder self lees, of ten minste ‘n video kyk.
Grootste lesse vir my, die a-ha oomblikke:
Kort video:
Die Goue Vroue is ‘n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende link as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…
https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711
“Staan stil, wie gaan daar?”, dawer dit uit. “Aggefokkendonnertjietog, wat nou?”, prewel ek, “Sjjjuuutt”, sê Toorts. Uit die donker sien ons ‘n man staan, met ‘n geweer en ons weet, ons is gevang, red-handed (letterlik) met die rook wat nog uit die voorlaaier trek en die eland aan ons voete. Beelde van die donker gat flits deur my kop, muwwe reuk en donkerte is definitief ons voorland. Gelukkig onthou ek dat die donker gat eers oor ‘n honderd jaar, in die kasteel gebou gaan word (sug verlig).
Verkry vanaf https://thelittlehouseofhorrors.com/castle-of-good-hope/
Terwyl ek nog wonder waar die tronk in die fort is, hoor ek Toorts sê: “Het Jan jou gestuur? Hy het my gevra om die bok te skiet vir die werkers, siende dat ek die beste voorlaaier-skut in die hele Kaap is. Natuurlik kan ons twee dames dit nie alleen op die wa laai nie. Toe toe, roer jou en laai die hom”. Selfs in die donker kan ek sien die mannetjie raak wit om die kiewe, almal weet dat Jan nie teëpraat duld nie, maar die vrouens lyk en klink darem alte vreemd. Siende dat Toorts so met varke gooi, kry ek ook my stem terug, “Sien jy daar, die bloemer aan die vlagpaal? Dis die teken dat ons vrouens geliberaliseer is, solank dit wapper mag geen man enige vrae vra nie, hulle moet dadelik doen wat ons sê.”
Die storie klink so vergesog, dit moet die waarheid wees, die man roep sy werkers nader en tjoef-tjaf is die eland op die wa gelaai en die perde ingespan. Voor hulle enige verdere vrae kan vra, is ons op die wa en daar gaat ons. “Joh, Toorts, ons was ampertjies in groot moeilikheid.” “En ons is nog glad nie daaruit nie”, laat sy hoor, “Ons moet die ander gaan kry en die eland by die werkers uitkry, voor daai mannetjie by Jan uitkom en hoor dat ons deur ons tanne gelieg het.” Die perde galop vinnig met die swaar wa, hopelik kom ons gou genoeg by die ander goue vroue uit, sonder verdere voorval. Toorts sal verder vertel
Ek weet mos al lankal dat my lewe ‘n lied is, joh dit klink mooi en opwindend. Maar nie eintlik nie, die liedjie Rise draai almaar in my kop. Veral die eerste vers
I’ve been staring at the coastline
Thinking of every choice I’ve made
To lead me here right now
Standing on solid ground
And I’ve been hiding in the shadows
Wondering if I’m on the right road
Some place I’ve never been
Is this how it all begins?
Nou wonder ek wat is vaste grond vir my? Want elke ou se vaste grond lyk anders. Vaste grond vir my is
Daar is nog ‘n stukkie van die lied wat my fassineer:
While my heart’s thumping, boom-boom, boom-boom
Wanneer laas het my lewe my opgewonde gemaak, half bang, met ‘n bonsende hart oor wat volgende kom? Ek is deesdae bang ja, maar meer paniekbevange oor simpel goed soos die volgende ou wat voor my gaan inry, of die kinders se besluite somtyds (waaraan ek net mooi boggerol kan doen, in elk geval), maar daai bang/opgewonde vir wat volgende kom? Lanklaas as ek moet eerlik wees.
Die kruks van die liedjie is Rise. Weet waar jy is, begin op vaste grond, maar oorkom die vrees vir wat vorentoe stap beteken want jy weet dat wat ookal gebeur, jy sal “Rise”
Libby is die biblioteek (Library) applikasie waar mens boeke kan uitneem amper soos ‘n regte outydse biblioteek, maar die keer in die kuberruim. Soek vir libby op jou Playstore en laai dit af (dit is gratis)
Maak oop nadat dit afgelaai is
Voor jy kan lees, moet jy ‘n biblioteek-kaart(met ‘n nommer) hê. Vir my was die maklikste om op die rekenaar te gaan soek, Libby Gauteng, vat mens na https://gauteng.overdrive.com/ toe en Libby “Western Cape” na https://westerncape.overdrive.com/ toe. Heel onder op elk van die bladsye is ‘n link na “Need a Library card” toe
In Gauteng vul mens die aanlynvorm in, met 6 vrae
Ek het die vormpie ‘n hele paar keer ingevul en het ook ‘n hele paar keer queries gelog, voordat ek eindelik ‘n epos ontvang het vanaf KARIN DE BRUIN Karind@joburg.org.za met die nodige kaartnommers om Libby te kan gebruik.
Veelgesprek met mededele
This site is all about empowering people to grow, stay focused, and be the best version of themselves
Waar die hart van vol is …
Musiek Nuus & Trefferlyste
Komedie vir Afrikaanse Mammas
Where there is History, Adventure & Food I'll go!
Finding my feet on the journey as a creative
Wat kan nie alles uit 'n dosie spring nie!
Reisjoernaal oor Hier, asook Daar
South African modern military history
Notes In the Margins
Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer
Pierre en Sugnet se reis
Disappearing into South Africa's wild places... Again!
Scribbles from my notebook
A creative journey.
Every journey begins with the first step
Skrywer
Jou OerHoer
Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies
Eat, Travel, Crochet
Afrikaanse kortverhale
“Love recognizes no barriers. It jumps hurdles, leaps fences, penetrates walls to arrive at its destination full of hope.” — Maya Angelou
Kom ons geniet mekaar se geselskap!!!!
Skryf en kuier, pure lekkerte!
My journey, my lewe in Skotland
Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.
Until morale improves, the crocheting will continue.
Skryfsels oor en uit eie ondervindings
Kom reis saam
Vlammetjies vreugde en verdriet en so aan, en nee dis nie oor jou nie!
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
Living the life of the common people.
nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Bolandse skrywer van eg-Suid-Afrikaanse lekkerleesstories
Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.
"Eendag is vandag"