Offer

Nou moet almal saam duimvashou, die offer to purchase op die pub is op papier en by die eiendoms-agent.  Nou moet sy nog net die ou oom oortuig dat hy wel wil verkoop.  Dit werk nou so dat die oom Alzheimers het en een dag wil verkoop en die volgende dag glad nie.  Hierdie pub is ook sy local kuier-plek, wat beteken ons moes ‘n klousule in die kontrak insit dat ons dit ‘n pub sal hou vir 2 jaar.  Die plek se naam is “The Naked Lady” en heelparty kale kunswerke hang teen die mure wat die naam uitbeeld.  Die omie het nie eintlik iets gedoen om die plek te bemark nie en ons hoop dat net soos Ronnie se(x) shop, ons hope aftrek gaan verseker net deur die naam.  En natuurlik ons goeie diens, geselskap en alkoholiese verversings.

As wanneer hy teken, moet daar baie vinnig sommer klomp goed gebeur.  Grim moet besluit wat hy nou gaan saamtrek (Vir eers moet hy in die kantoorspasie bly) en wat later, ook of hy sy huis (wat in die mark is) gaan uitverhuur.  Hou duim vas die huis verkoop voor dan.  Ons moet ook die offer insit op die huis wat ons wil hê en hoop dit word aanvaar.  En dan moet my huis verkoop word.  Ondertussen moet ek met my werk gesels en hoor of ek remote kan werk vir ten minste ‘n gedeelte van elke maand.  Dan intrek met ons nege hondekinders en Calitzdorp behoorlik op horings neem.

Die mens wik……..

 

7 thoughts on “Offer

      1. Ek het op die earth app.gaan kyk. Weet nie waar jy op oomblik bly nie… maar dit lyk baie rustig daar. Vêr verwyder van die stadslewe.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar