Magriet versus Magrieta

adorable animal animal photography black
Photo by Pixabay on Pexels.com

Vandeesweek se uitdaging is om Bondels Gedagtes se storie klaar te skryf. Ag lekker – ‘n storie oor ‘n kat!

Magrieta het ‘n wesenlike probleem. Die vraag is nie wat die probleem is nie maar hoe dit gaan eindig!

Om die storie te verduidelik, moet ek eers die ” set up” verduidelik. Sy bly op ‘n plaas met twee woonhuise. Sy self bly in ‘n pragtige woonstel wat aan die een huis vasgebou is. Alhoewel die woonstel piepklein is, is dit pragtig en pas perfek by haar persoonlikheid en die seisoen in haar lewe. Sy is gelukkig en tevrede. Daar is niks in haar kleine huisie wat haar ontstel of pla nie. Daarvoor sorg sy en hou alle onnodige spanning en komplikasies uit die veilige hawe wat sy vir haarself geskep het. Indien sy geselskap nodig het, is dit binne bereikbare afstand. Andersins is sy heerlik privaat en op haar eie. Maar wag, hoor ek “Jaws”se doem doem doem doem….. in die verte? Of nee wag, eder ‘n gepiep piep piep, of wag ‘n miaaauuuuu?!?

Dis reg, ‘n rot. Nie ‘n muis nie, ‘n ROT! Genadelik is die eienares van die plot gaaf genoeg om ‘n kat vir haar te leen as teenvoeter. Dis haar beste muisvanger en sy bring dit sonder verwyl oor. Kat het egter die hele doel van die oefening gemis.

Magrieta is nie groot gemaak as diere liefhebber nie en veral nie van katte nie (Diereplesiere). Daar het egter al twee diere vir Magrieta die loef afgesteek. Alhoewel Magrieta nie net wil misbruik maak van die kat nie, wil sy eintlik maar haar afstand handhaaf. Net vir ingeval. Kat het egter haar eie prentjie en volg haar eie kat natuur. Sy is onder die wan indruk dat Magrieta spesiaal vir haar wat Kat is, se plesier daar. Kat dring haarself met mening op aan Magrieta. Waag Magrieta om te loop, is Kat daar. Tree vir tree, soveel so dat sy kort kort oor Kat struikel. Dis ‘n gepurrr en geskuur en getrap en wie weet wat mens al die manewales moet noem. Purrr jouself sê sy maar Magrieta se hart wil wil vermurwe. Waar sy op haar bed sit, laat sak sy kort kort haar hand en vryf Kat se kop. Kat is in die sewende hemel en trek Magrieta se hand nader met haar poot wanneer Magrieta ophou vryf. Daar is ‘n lastige gevoelentheid wat krap krap aan Magrieta se hart. Dit lyk egter of die kat oefening gewerk het omdat rot nie weer sy astrante opwagting gemaak het nie. Hopelik verkeer rot onder die wanindruk dat Kat ingetrek het, soos in permanent. Behoede my!!

Magrieta is baie bly. Met rot uit die pad, kan Kat ook verkas. Vir sy alewige gekerm en geskuurdery sien Magrieta ook net nie kans nie. Sy voeg ook dus daad by die woord en vat Kat terug na die Hoofhuis toe net die volgende oggend. “Terloops, wat is Kat se naam?”, vra Magrieta. “Magriet”, antwoord die eienares. Magrieta se oë rek so bietjie. Sy groet en loop net om te sien Magriet volg haar. Magrieta gaan staan stil en verduidelik vir Magriet dat sy moet bly. Magriet se kyk spreek boekdele. Iewers hoor Magrieta die klanke van “maaaaaaar die kat kom weer want …” en sy gee ‘n lang mismoedige sug.

Vroeg die volgende oggend (nog donker), terwyl Magrieta bietjie koester tyd met Abba geniet hoor sy ‘n baie onwelkome geluid. Eers probeer sy dit ignoreer maar dit word net dringender en sy spits haar ore. Jip, dit Magriet, die Kat. Miskien as ek stil sit en lank genoeg wag, gaan sy weg….

Magrieta se mercy hart kom in die pad en sy struikel. Dis koud buite sê haar hart, siestog arme Magriet (nogal soort van naam genoot). Maar ek bid en kat gaan pla, probeer Magrieta haarself verweer. Die geveg binne Magrieta is groot. Alle snoesige koesterende vrede het soos mis in die son verdwyn. Magrieta het nie komplikasies soos Katte in haar lewe nodig nie. Dis katkos en aandag en kathare orals en ‘n Pasela papegaai wat buite op sy hok sit wat toutrek met ‘n mercy hart. Magrieta probeer haar hart verhard en sê neeeeeeeee……..
Gebruik kursief en ‘n ander kleur ink om jou gekose einde te skryf.

maar natuurlik staan sy op met ‘n “Skiesie Here, ek gaan maar net gou vir Magriet oopmaak” en gaan maak die deur oop.  Vies bekyk sy vir Magriet.  “Aai tog Magriet, jou werk hier is mos nou gedoen, gaan terug na jou eie huis toe”.  Magriet kyk skuins op na Magrieta en stap sonder voorbehoud die huis in.  Sy gaan sit voor die leë piering en gee so verdrietige miaau, sodat Magrieta nie anders kan as om die piering vol te maak nie.  Magrieta stap terug om verder te gaan bid, met Magriet kort op haar hakke.

Sy maak haar oë toe, maar die woorde wil nie meer so vlot vloei nie, al waaraan sy kan dink is die kat wat hier naby haar sit en kort-kort purrrr van lekkerkry.  Ag Here, wat moet ek tog doen met die kat?  U weet dat my hart nie nog ‘n gedierte kan liefkry, net om haar dan te verloor nie.  U weer dat oom Frits al klaar my bubble laat bars het en hierdie kat….Here ek weet nie van hierdie kat nie.

Sy maak haar oë oop en wat sien sy?  Magriet het op ‘n manier bal in die hande gekry, so asof sy wil sê: “Magrieta, jou bubble is dalk gebars, maar hier is vir jou ‘n bal, dit sal jou beter laat voel”

images (1)

Magrieta gaan die hele dag aan met haar werk en nooit is Magriet vêr van haar af nie.  Elke keer wanneer sy dink aan oom Frits en hoe hy gedeel het met sy medemens, kyk sy na die kat en besef hoe min sy nodig het om te gee.  Katte is anders, hulle doen hulle eie ding en blykbaar het die een haar gekies as haar persoon.  Later die aand (nadat sy eindelik vir Magriet gedwing het om huis toe te gaan), droom sy van ‘n swart hond.  Die volgende oggend soek sy op Google na die simboliek en kom sy op die video af:

En die volgende oomblik hoor sy vir Magriet miaau by die voordeur.  So asof sy weet sy moet met ‘n swart hond kom baklei……..

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=785036

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

6 thoughts on “Magriet versus Magrieta

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s