Kaleidoskoop deel 7. Vlug of veg…

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 6 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder.

Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

Nellie sit in haar kamer en wik en weeg oor haar volgende besluit, sy wil so graag hier in Kimberley bly.  Renier is haar droom ou, Jakkie is die vriendelikste kind en dan is daar boonop nog sprake van ‘n werkie ook.  Alles uitgesorteer.  Skielik hoor sy iemand buite praat, dis ‘n stem wat sy ken, maar gehoop het om nooit weer te hoor nie.

Nellie?  Wie’s Nellie?  Sy het gesê haar naam is Sunè…….”, hoor sy Renier sê.  “Nee, haar naam is Nellie, my niggie.  Sy het haar lewe lank by ons op die plaas gebly.”  Die stem weergalm, Nellie is seker die hele Kimberley kan dit hoor.  Hoe het Chris haar opgespoor?  Sy het in elk geval nie genoeg tyd om nou daaroor te wonder nie.  Sy gryp die toksak onder uit die kas uit en prop haar paar goedjies daarin.  Sonder om koebaai te sê, vlug sy by die agterdeur uit.  Sy hardloop so vining sy kan by die hek uit en in die straat af.  Kalm bly nou, maan sy haarself.  Mense gaan jou onthou  as jy soos ‘n mal ding hardloop.  Sy dwing haarself om te begin stap, trane biggel teen haar wange af.  Waarom kan almal nie net vergeet dat sy ooit bestaan het nie?  Wat nou gemaak?  Haar geldjies is maar skraps en sy kan nie waag om nog van die vervalste R200 note te gebruik nie.

Of kan sy?  Net daar besluit sy om ‘n kans te waag.  Die kat is nou klaar uit die sak, Chris het haar opgespoor en dit sal nie lank wees voor die polisie toeslaan nie.  Sy steek haar duim in die lug, ‘n motor stop langs haar.  “Waarheen wil jy gaan, juffrou?”, hoor sy die ou man agter die stuur vra.  Haar maag maak sulke draaie, maar die oom lyk heel onskuldig.  “Lughawe toe asseblief meneer”, haar antwoord.  “Nee hartjie, noem my sommer oom Danie, ek is juis oppad lughawe toe om my kleinseun te gaan haal.  Spring in.”

Nellie klim in die vreemde kar en kyk nog een keer om.  Sy sien Chris se kar staan nog geparkeer voor Renier en Marlie se huis.  Sy hoop dat dit nog ‘n klein rukkie gaan vat om haar te mis, haar net so effense voorsprong te gee.

By die lughawe aangekom, spring sy haastig uit die motor en waai vir oom Danie.  Hy was darem baie vriendelik en het nie te veel vrae gevra nie.  Sy stap nie direk na die vertreklokaal nie, vra vir Sekuriteit waar sy ‘n privaatvlug kan bespreek.  Hy verwys haar na die gebou langsaan.  Sy stap vining soontoe.  Daar gekom vind sy ‘n man besig op op ‘n selfoon te praat: “Ja meneer, ons sal vannaand nog daar wees. ………….Lanseria het reeds bevestig.  …………..Dis reg so meneer. …………Totsiens.” Hy kyk op en sien haar daar staan.  “Dag meneer.  Vlieg jy Lanseria toe vandag?” vra Nellie, voor die man nog kan antwoord (en haar moed haar begewe), vra sy “My ouma is baie siek in Unitas hospitaal, kan ek jou R20 000 kontant betaal en saam vlieg?”  Die man sien die desperaatheid in haar groot blou oë en sy hart word sag.  “Ja dametjie, natuurlik, ons vertrek oor ‘n halfuur.  Is jy reg om te gaan?”  Sy haal twee pakke R200 note uit die toksak en oorhandig dit.  In haar binneste dink sy dat hy mos in elk geval sou gevlieg het.  “Ek is reg meneer, baie dankie”

Nellie weet nie lekker van vliegtuie nie, nog minder van privaat vliegtuie, maar sy klim in, sonder dat sy nodig het om haar identiteit openbaar te maak.  Sy is net te dankbaar dat die geluksgodin vir een dag aan haar kant is.  Die vliegtuig styg op en Nellie vee nog ‘n traan af.  Die vliënier dink dat sy seker oor haar ouma huil, maar Nellie se hartjie is in ‘n duisend stukke oor Renier, oor Jakkie en natuurlik ook oor wat hulle van haar moet dink, maar sy is ook dankbaar dat sy weggekom het voordat Chris haar kon bykom.  Sy staar na die landskap wat al hoe kleiner word, hoe hoër hulle vlieg.  Skielik begin die vliegtuig ruk.  Selfs Nellie wat nie veel van vlieg weet nie, weet dat hier probleme is….

Keuse:  Die vliegtuig val of dit is net turbulensie en hulle vlieg verder sonder probleme

 

33 thoughts on “Kaleidoskoop deel 7. Vlug of veg…

  1. O shitty. Ek dink nie Nellie gaan vlerkies van haar eie ontwikkel nie, dus moet die vlieënier maar die vliegtuig in die lug hou. As Nellie haarself poerdez val, is die storie verby! Ag nee, hoekom moet ek my alewig bekommer oor die die klein skelm nerf?

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s