Planne

Gister het ek gewonder of ek ‘n narcissus is, maar Storieklong het my lank terug verseker dat indien jy dink dat jy dalk een mag wees, jy dit heel moontlik nie is nie, want die tipe mense weet nie dat hulle absoluut selfgesentreer is nie.  Die term “narcissist” is eintlik relatief nuut, al is dit gebasseer op die Griekse mitologie.  Lees meer hier: https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_narcissism.  My beskeie opinie is dat hierdie verskynsel al hoe meer voorkom en baie te doen het met die hedendaagse selfgeabsorbeerde lewe en die ding dat mense dink alles kom hulle eintlik toe.  Die Bybelse beginsels van nederigheid en hard werk voor jy iets kry, is lyk my lank vergete.

Anyhow…..hier is die latest Karoo planne en status:

Grim het 3 weke terug gegaan vir ‘n onderhoud, maar met die huidige ekonomie het die plek waar hy wou gaan werk, die projekte waarvoor hulle mense gesoek het, heeltemal gekanselleer.  So nou kyk ons weer meer intens na Calitzdorp.  Ek dink in elk geval dat dit nie ‘n slegte idee is om te probeer om minder afhanklik van goewerment krag en water te wees nie.  Dit sal ook help as mens ‘n deel van jou eie kos kan produseer.  Dit raak ook al hoe moeiliker om deesdae enigeiets te verkoop wat as ‘n luuksheid afgemaak kan word, ek sien dit uit die kinders se salon-omset asook die sement groep waarvoor ek werk.  Daar is ‘n wag-en-sien ding wat aangaan onder die mense van die land wat nie reeds hulle paai gevat en gewaai het nie.  En daar verloor ek weer koers.

Ons gaan die naweek nog ‘n keer af Calitzdorp se kant toe, gaan na drie plekke kyk wat ‘n bietjie meer grond en water het, miskien kan ons ‘n Aquaponics ding begin.  Op die einde van die dag het almal kos nodig en as jy dit goedkoper kan produseer as die res, behoort jy ok te wees.  Ons wil nog steeds die Craft-bier ding ook doen en nog ‘n paar ander goed ook.  Vir so lank as wat my werk my wil hê (en goed betaal), sal ek die werk wil hou, natuurlik met ‘n on/offsite tipe ooreenkoms, sodat Grim en ek darem tyd saam kan spandeer ook.  Die Alzheimers oom (by wie ons die pub wou koop) is ook stil op die oomblik, so ons wil ook probeer uitvind wat daar aangaan.

Soos ‘n kind opgewonde is ek natuurlik, want ek hoor daar is sneeu op die Swartberge.  Ek het nog nooit sneeu in lewende lywe gesien nie, so hopelik kan ons naby genoeg kom om darem ‘n paar fotos te neem en net dalk kan ek ‘n sneeu-engel maak.  Hopelik kan die sneeu-engel haar towerstaffie swaai en die pad vorentoe so klein bietjie duideliker maak.  Dalk, dalk…..

e6e06930c8de0f40a3faacc5b6b0008b

10 thoughts on “Planne

  1. Dankie Positief!!! Was/is met so iemand getroud en dis yslik. Laat mens so in jouself twyfel…
    Ek bly op so plasie nou waar ons als eet wat van plaas af kom. Min goed word van buote gekoop… ons gaan dit beslis in toekoms nodig hê…

    Liked by 2 people

    1. Ek stem saam, my maag maak sulke draaie wanneer ek dink wat in die land aangaan. Vir baie van ons is immigreer ook nie ‘n opsie nie. Ek kan nie my kinders, ouers en vriende net hier los nie. So ek moet bly

      Liked by 1 person

      1. Dit sal oral op aarde net al slegter gaan. Openbaring is aan’t gebeur. Die antwoord is om geloof te hê, vas te by en net om maar nooit moed opgee nie.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar