Calitzfornia and beyond….

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

img_5089-2

Vroeg staan die Towerinne op, opgewonde om uiteindelik die plek te sien wat Positief se hart gesteel het.  Hulle klim op die bus en begin ommer dadelik sing, vergete is gister se Baviaanskloof avontuur:

As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die giggelgroen bus;

As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die giggelgroen bus;

in die veld pluk ek ‘n towerstaf van die naaste spekboompie af,

en sing my towerlied, en sing my towerlied.

Nog voordat hulle by die tweede vers kon uitkom, beduie Lorenzo dat Calitzdorp hier is.  Hulle ry die klein slaperige dorpie binne, dit is immers net 50km se ry.  Hoekom het hulle nou weer in Oudtshoorn oorgeslaap?  O ja, vir die groot voëls, mos.

Positief maak keel skoon: “Dames, dames, ek weet die singery is lekker, maar ons moet darem so iets leer ook.  Die woord Karoo kom van die Khoi woord af wat woestyn of droeë plek beteken en hier in die geweste beleef hulle tans die ergste droogte ooit in menseheugenis.  Die Karoo is so groot soos Duitsland, en hier is so 100 dorpe in die geweste.  Ten spyte van die modernisasie in die res van die land, is die bevolking hier nog steeds net so min soos in die vroeë 1900’s.  

Hier kan mens myle ry, sonder om ‘n enkele mens tee te kom, miskien hier en daar ‘n plaaswerker met sy donkiekar.  Die Karoo is die “huis” vir die land se kunssinige siele, skrywers, skilders, musiek-makers, chefs en storie-vertellers het hier ‘n plek gevind waar hulle onverstoord hulle kuns kan beoefen.  Dis seker hoekom die Africa-burn juis in hierdie omgewing plaasvind.  Ook seker die rede dat die grootste Afrikaanse kuns en kultuurfees (KKNK) hier gehou word.

Nou ja, hier is ons nou in Calitzdorp, beter bekend as Calitzfornia.  Hierdie dorp word as die Port-hoofstad van Suid-Afrika bemark.  Hier kan jy van die beste port ter wêreld proe.  Maak net seker julle eet iets, daai port klap hard

Onder luide gejuig klim die Towerinne uit die bus, om hulle plekke te gaan vind by Karoo Life B&B.  Hierdie gastehuis is gebou in die oorspronklike wamakery waar die hoefsmid sy kuns beoefen het.  Soms kan mens steeds die tik tak van die hamer op die aambeeld hoor.  Towerinne het hulle tasse in die kamers neergegooi en is te voet by die deur uit om die Port te gaan proe.  Boplaas en De Krans wynplase is loopafstand van die gastehuis af, in Queenstraat.  Sowat van ‘n ge-proeery het die dorp lank laas gesien.

‘n Uur of wat later hoor mens die klank van motorfietse wat die dorp inry.  Tannie Frannie glimlag breed want dit beteken sekerlik dat Silver in die omtrek is.  Almal storm uit om die petalje te gaan bekyk.  Sowat 14 Harleys maak ‘n draai en stop in die nou straat.  Vandag gaan daar sowaar ‘n verkeers-probleem in Calitzdorp ontstaan.  Helmets word afgehaal en op die motorfietse staangemaak.  Towerinne oe en aa oor die mooi fietse.  Groot oë word getrek wanneer Positief sê dat ons almal op ‘n Route 62 toer gaan, elkeen kan kies of sy saam met iemand of alleen op die Harley wil ry.

Balidrome was eerste om te sê dat sy ervaring van motorfietry opgedoen het in Bali en dus maar liewer saam met iemand sal ry.  Hester, Perdebytjie, Toortsie en Trommeltjies is waaghalse en ry alleen.  Tannie Frannie ry natuurlik saam met Silver.  Lekkervurig en Scrapy soek vir hulle elkeen ‘n sidecar uit.  Bondelsgedagtes kon eers nie besluit nie, maar onder luide toejuiging het sy ook alleen op die Harley geklim.  Kameel, Woordnoot en Seegogga het niks gesê nie, net opgeklim agter iemand.  VirgoC het agter haar Padda se rug ingeskuif en gelukkig gelyk. Positief het opgeklim en beduie dat almal haar moet volg.  Toe sy omkyk, sal sy sien dat Toorts haar kitaar saamgebring het en lustig speel en sing terwyl sy ry.  Wat ‘n waaghals.

toortskitaar

Geen gevoel op aarde is so heerlik soos die gevoel om met ‘n bike te ry nie.  Mens ruik die aarde, die beesmis en voel die wind deur die baadjie.  Wanneer mens op die oop pad kom, haal jy diep asem en sug.  Dis net jy en jou gedagtes met die wye wêreld aan jou voete.

38888246_10214878151999829_2020221696845283328_ncogmans1motorcycle-tours-848-4southafrica-garden-route-motorcycle-toursouth-africa-garden-route-motorcycle-tour

Eerste stop – Ronnie’s sex shop.  Oorspronklik was die naam Ronnies shop, maar iemand het dit goedgedink om ‘n sex in te verf.  Hierdie is ‘n gewilde bymekaarkomplek vir bikers.

Ronnie heet die Towerinne persoonlik welkom.  Die hele kroeg is vol bra’s en panties gehang en natuurlik het ‘n paar Towerrinne se onderklere ook hier agtergebly, ter wille van ordentlikheid word die name weerhou.  Ook was daar ‘n spesiale verassing vir die girls: elkeen kon ‘n tattoo van die giggelgroen bus gratis en verniet laat opsit en raai net, almal het een gekry, party op meer opsigtelike plekke as ander, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.  Party van die Towerrinne het natuurlik vergeet dat hulle weer op die bike moet sit vir die terugtog, so nog waaghalsige toertjies is uitgehaal.

Barrydale is vanaf die pad beskou

Barrydale

Nadat ‘n Craft bier by Barrydale gedrink is, het die Towerrinne besluit hulle anatomie is te seer om enigsins verder te ry.  Gelukkig het Lorenzo op ‘n afstand gevolg met die bus en almal het dankbaar op die sagter sitplekke neergeval.

38867442_10214873357479969_2936107826151424000_n

Die bus het net voor Calitzdorp afgedraai en die pad deur die Seweweekspoortpas gery

38821380_10214873353719875_7780317790526767104_n

Geslote hekke keer nie die klomp nie en weereens het almal stil geraak op die nou paadjie deur die poort.  Daar is vooraf gereel met Seweweekspoort Guest farm om piekniekmandjies reg te hou.  Lorenzo moes maar sy oë toehou want die biker-gear het vinnig gewaai toe die Towerrinne die heerlike poel water tussen die rotse ontdek

g496160

38936047_10214873359200012_4447142982344245248_n

Laatmiddag het die bus teruggekeer Calitzdorp toe, met moeë maar gelukkige Towerrinne.  Hulle het nie eers agtergekom dat daar minder as niks in die dorpie gebeur na 8 in die aand nie.

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees. Sien: Dis Ekke vir die reëls.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

 

 

 

 

 

 

27 thoughts on “Calitzfornia and beyond….

  1. Ek het ń tattoo!💃💃Wat ń ervaring, Positief, ek het geklou vir lewe en dood, maar dit was ń amazing ondervinding! Piekniek in die poort, en swem in die bergpoel, jy het my weer soos ń jong bokkie laat voel.

    Liked by 3 people

  2. Vrek, ek is uit my vel – Harley side-car rit, ‘n tattoo van ons bus…gaan nooit sê waar nie, sal wel bely my pampoensak het verlore geraak by Ronnies …gelukkig kanterig (Bloos) Ag, volkome Towerin-vryheid uit die boeke. Daai berge en al die mooi. Dis ‘n geweste wat ek nie ken nie- dankie duisend liewe Positief! Dis nou lekker. Gooi nog so portjie toe!

    Liked by 3 people

  3. Daar is iets verkeerd met daardie foto van die klomp motorfietse – hulle ry dan almal in die regterbaan. Nie waar nie? Is mos nè? Dit was seker na die portproeëry want ek kan nie lekker onthou wat daar gebeur het nie. Ek het ook ‘n tattoo maar dië het nou soek geraak, volgens my man, want hy het noual orals mooi bekyk … Anyway, ek moet darem sê Lorenzo is nou wraggies ‘n gentleman – hou sy oë toe wanneer die Towerinne swem. Dit was nou heerlik Positief, ek wil weer saam met jou gaan kuier.

    Liked by 1 person

      1. Sommer so direk “Lorenzo you know something about my missing tattoo? If you know where my tattoo is….tell me.” Ek dink by nou sal hy verstaan…sy Engels het al baie verbeter. 🙄

        Liked by 2 people

  4. Soveel pret op een dag! Ek alleen op ń moterfiets 😨😨. Die port moes voorwaar ń nuwe ek na vore laat tree het. Ek kan niks uitsonder nie, dit was van begin tot eimde ń onvergeetlike dag. Die swemmery het my ver laat terug dink aan my kinderdae kuiers by oupa op Groot Marico, daar is dan so in die rotspoele in die fonteine kloof baljaar.

    Liked by 1 person

  5. Dit was al lankal my begeerte om ‘n Harley tussen my bene vas te knyp! Om nou op so ‘n pragtige roete in die natuur te ry, was sommer nog ‘n bonus. My groenbus tattoe is netjies agter op my kruis, met die venstertjies wat net so bokant die pentielyn uitloer.
    Hierdie was nou ‘n heerlike skrywe, Positief…welgedaan!

    Liked by 2 people

  6. Sjoe dit was nou n heerlike ondervinding. Dankie dat ek darem in die side-span kon ry. My ou gebeentes sou dit nie gemaak het so op die saal van n Harley nie! Dis n pragtige wereld. Dankie vir jou mooi bekkendstelling. Ek is mos maar n Ou Transvaler en ken nie regtig die Karoo nie. Daardie wynproeery het my kop geheel skoongespoel en toe nog die swemmery in die nude het my weer teruggebring na die werklikheid.

    Liked by 1 person

  7. Dankie Positief!! Dit was ‘n heerlike rit. En die memories het teruggevloei na 2014 toe ek, my sus en haar man by De Krans ingestap het, net om hierdie bondels trosse hanepootdruiwe in bakke op die toonbank te kry…oe!!! Ek ruik en proe nog steeds daardie druiwe en dis met daardie reuk in my gedagtes wat ek die hele tyd in Calitzfornia rondgeloop het.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s