Slim vang…..

julle weet wie deur slim gevang is, nê?  So het ek en daai een wat deur slim gevang is (SVSB), mos gister ‘n meeting saam paar ander mense.  Vir die wat al lank hier lees, weet dat ek en SVSB nou nie eintlik ‘n baie goeie verhouding het nie.  Ek het nog nooit eintlik vir ‘n vrou gewerk nie, en die een dink sy weet alles, luister nie na goeie raad nie en blameer jou as dit verkeerd gaan.  Wanneer dit reg gaan, vat sy al die eer.  So vertel sy my dat sy direk na die meeting moet ry, want sy moet dringend met haar seun gaan praat.  Hulle het net die een kind en so deur die jare kon ek agterkom, hy is goed bederf.

Gister het hy van die grad 8 kamp teruggekom en prontuit gesê dat hy nie terug gaan skool toe nie.  Hy weier om ‘n uitroepteken op sy kop te dra en wil nie as ‘n slang aangespreek word nie.  En wat gaan SVSB nou maak as hy nie wil skool toe nie?  Nou ek kan vir seker sê wat ek sou gedoen het, boude sou ‘n goeie loesing gekry het en my kind sou sommer die uitroepteken by die huis ook moes dra.

Hoe bly is ek nie dat my kinders groot is nie.  Hoe werk dit in vandag se tye dat kinders aan die ouers mag voorskryf en dat die ouers spring?  Is daar geen discipline meer nie?

So praat ek nourie dag met ‘n vriendin wat vir 35 jaar al ‘n onderwyseres is.  Wanneer sy sien dat Pietie nie sy werk doen nie of ‘n toets druip, stuur sy op haar persoonlike foon vir die ouers ‘n sms om hulle bewus te maak van die probleem.  Sy hoef dit nie te doen nie, maar gee om vir die kinders, daarom stuur sy die boodskap.  9 uit 10 kere kom ‘n woedende ouer by die skool aan, verdedig sy kind en trap haar uit.  Dit het nou so erg geword, dat sy vroeë pesioen gaan neem, net om daar weg te kom.  Sy hou by ‘n gegoede skool skool, waar meeste van die kinders meer sakgeld kry as haar salaris.  Nou vra ek: waar gaan dit eindig?

Seker party ouers voel so (Craig du Toit Nel se “Back to School”), dankie facebook

rympies

 

 

 

3 thoughts on “Slim vang…..

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s