‘n Dame mag mos nie….

…poep nie.

Ek lê soos ek lag. ‘n Man pos die volgende op een of ander huweliksberading vuisboek blad:

Anoniem vra: Is dit normaal vir n vrou om so baie te poep? Veral as dit by seks kom. Ek weet sy is op haar gemaklikste en voel ontspanne. Sy lag en ek is ernstig. Partykeer is dit snaaks maar dit sit my sommer af. Ek as man kom uit n huis waar my ma of suster nooit gehoor poep het nie en so ook nooit die vroue van my familie nie. Ek weet dis n normale ding wat moet gebeur. Maar tog as man voel ek partykeer dis meer n man ding om te kan poep en beklemtoon man wees.

Maar my vrou is soms harder as ek en poep baie meer. Ek moes seker geweet het toe sy my meisie was en ek na haar kamer wou gaan om vir haar iets te sê toe hoor ek hoe brul sy met haar poepe. Nou is ons 8 jaar getroud en sy poep my uit die huis. Ek hou baie van vroue se boude en wonder tog of alle vroue met mooi boude net so baie poep? Enige raad dat sy minder poep? En hoe voel julle mans oor julle vroue wat poep?”

599 comments later, met die top 3:

  • Ek het gehoor dat jong dames nie poep nie omdat hulle eers n poephol kry die dag as hulle trou.
  • Alle grappe op n stokkie…shame ek kry die man eintlik jammer😔hy sal nooit n romantiese aand met kerse kan he nie😬…mens speel nie met oop vuur en gas nie🤣🤣🤣
  •  Wat verwag jy huh?? Jy pomp haar vol wind, wa moet dit heengaan??

Die arme man, hy het ‘n dood onskuldige vraag gevra.  Siestog

poep3poep2poep

14 thoughts on “‘n Dame mag mos nie….

  1. Nou het ek so lekker gelag! 😂😂 My maag is seker amborstig, want my broeke hoes ook baie. 😂😂😂

    Heel toevallig is ek en my man ook 8jaar getroud… Dalk het dit te doen met kinders kry. Dalk al die stront wat vroue moet opvreet. Wie sal weet? 🤷🏼‍♀️😂

    Liked by 3 people

  2. Dankie, ek het nou lekker gelag. Dit laat my nou dink aan my pa wat sulke ordentlike poepe gelos het, op die mees onverwagte plekke (soos in die supermark) en dan met so ‘n verleë laggie gesê het: “Velbek praat”. Soos wat ek ouer word, gesels velbek ook al hoe meer, want ek dink die spiere in daardie omgewing verslap met die ouderdom saam. Die knyp raak weg. Maar dit het nogal baie te doen met my dieet – as jy winderige goed afsluk, moet dit iewers uit.

    Liked by 2 people

  3. O wee!!! Ek skree van die lag en sien die mense wat in die gang verby loop kyk my snaaks aan! Ja, dis maar ‘n winderige besigheid, n…en natuurlik. Arme man, daai comments gaan maak dat hy een van die dae anti depressante sal moet drink..

    Liked by 1 person

  4. Menz poep die lekkerste in die winkels tussen die rakke. As jy menz met ‘n salige uitdrukking sien spoed vang in’ n aisle, draai maar eerder om. Menz vang spoed om van die klankie af weg te kom. 😂🤣😜

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s