Groen

cute furry alien

Wat is dit nou weer met daai groen oog monster wat so onverwags en ongenooid op jou skouer kom sit.  In jou oor fluister dat iets of iemand darem maar baie beter is as wat jy het.  Dan hang dit van jou af of jy die monstertjie so skuins klap gee, of jy luister na hom.  Wanneer jy eers geluister het, raak dit al hoe moeiliker om jou eie lewe, goeters en mense behoorlik te waardeer.  Hoe meer jy luister, hoe jaloerser raak jy op ander en hoe meer onvergenoeg met wat jy het.

Dalk is dit net ek?  Ek wat so op vuisboek kyk na my skoolmaats en dink, sjoe hulle is darem maar baie mooier en maerder as ek, kyk hoe aantreklik is hulle mans en hoe presteer hulle kinders.  Ek wat sien hoe die ou wat ‘n jaar of wat terug, ewige liefde aan my verklaar het, nou verloof is aan iemand anders.

So hoor ek by my dogter dat die X verloof is.  Daar is nou ‘n man met ‘n plan.  Vind ‘n vrou, ouer as hy, laat haar glo sy is “die Een”, trek in haar huis in.  Na ‘n rukkie, bedank jou werk en volg jou droom, terwyl sy vir jou sorg.  Koop ‘n ring en vra haar om te trou.  Maak seker die trou-datum is sommer gou.  Maak seker dat julle baie saam uitgaan en lekker kuier, na ‘n rukkie sal sy nie meer elke dag wil dronk word nie, want sy is ouer en moet werk om alles te kan betaal, dan is jou kans om alleen of saam met mans-vriende te kuier.  Maak seker jy vra haar om na werk ook te kom (natuurlik sodat sy die rekening kan betaal).  Trou dan en maak seker dat sy vir alles betaal.  Nou hoef sy glad nie meer saam te kuier nie, solank sy net nog steeds betaal.  Wanneer sy gatvol raak vir al jou gekuier en dat sy moet sorg, laat haar verstaan dat dit eintlik haar skuld is.  En na ‘n ruk, los haar, vat soveel as wat jy kan en begin plan dan weer van voor af.  Haha, dankie tog dis nie meer ek nie, maar groen-oog monster laat my tog maar terug verlang na die kuier leefstyl.  Daar moet sekerlik iets in my kop verkeerd wees.

26 thoughts on “Groen

  1. Maat, die gras is gewoonlik gorener aan die ander kant van die draad vanweë poefie…kunsmis, nooit rêrig nie. Mense op Vuisboek en Instagram sit meestal mooi verwerkte weergawes daar buite. Klap daai monster en drink vanaand ‘n wyntjie en kyk na Towerkop. Jy leef ‘n mooi vol lewe, en ek dink daar is skoolmaats wat groen na jou kyk, mooie mens!

    Liked by 1 person

  2. Soms, na verloop van tyd, vergeet mens van die slegte dinge, en onthou jy dat daar tog goeie en lekker goed ook was in daardie tyd. Dis ons inherente smagting na goed wat dit veroorsaak. Ek vermoed dis wat die groenoog monster op jou skouer laat klim. Maar gelukkig is dit so dat mens ook met jou gesonde verstand besef dat jy eintlik nie regtig weer daardie situasie in jou lewe wil oorhê nie. En dan maak jy vrede, en glimlag net geheimsinnig en geniet jou lewe en dit waar jy nou is.

    Liked by 1 person

  3. Positief, bly jy wraggies op harties??? Dan moet jy, Una en ek bieki kuier❣❣weet jy wat, daar is niks met jou kop verkeerd nie. Dit is omdat mens inherent geglo of gehoop het daai man bedoel wat hy sê en dat hy wel regtig omgegee het. Omdat jy die potensiaal gesien het en weet daar moet beter keuses wees. En omdat die goeie tye soveel belofte van méér inhou. Mag dit wat jy nou het jou so met goedheid oorweldig dat omkyk al hoe moeiliker raak…

    Liked by 2 people

  4. Genade. Word Harties nou die Blogger-Metropool? Jy sien wat jy nou in jou lewe het Positief?- baie mense wat omgee en jou ondersteun – en hulle vra niks terug nie. Hulle suip net soms jou wyn uit. Maar ek is seker jy gee nie om nie.

    Liked by 1 person

  5. FB is ‘n leuen toegewikkel in mense se mooiste oomblikke. Ek sou my nie daaraan steur as ek jy is nie! Die groen monster is nou op my skouer, dat julle klomp so naby mekaar bly en kan wyngooi en meubels kap!

    Liked by 1 person

  6. Ek dink dit is meer jou ego wat enige iets van die vent mis as wat jou hart en verstand hom mis. ‘n Skermunkel bly nou eenmaal net dit en “good riddens” vir jou. Met sulke mense in ons lewens bet ons nie vyande nodig nie. Die arme dom vrou wat so ge-sucker word.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar