(Nuwe) boererate

Omdat ek nie juis met boererate groot geword het nie, weet ek nie hoe kasterolie proe nie, ken ek nie die stink-lap of die knoffel teen die lyf nie.  Naaste wat ek daaraan gekom het is die Chamberlain’s koliek, en dan ook net op ‘n groot lepel suiker.  My ma het wel so konkoksie aangemaak met pepermentdruppels en heuning, vir die hoes, maar ek weet nie wat die resep is nie, so ek kan dit nie hier vir iemand vertel nie.

Wat ek wel van ken, is die Vuisboek boererate, daai 5 minute crafts wat gereeld opkom wanneer iemand dit deel.  Die gewildste van die bestandele is:

  • Geaktiveerde steenkool
  • Kokosneut-olie
  • Gel van die blaar van die Aalwyn plant

Geaktiveerde steenkool is nie dieselfde goed as daai braaipakke nie, dit word gemaak deur koolstofryk material soos hout , kokosneut-doppe of saagsels tot baie hoë temperature te verhoog.  Die “aktiverings” proses veroorsaak dat die steenkool se vorige geabsorbeerde molekules weggebrand word, wat die verbindings ooplaat.  Gebruike sluit in:

  1. Verbeterde nierfunksie
  2. Oormatige interne gasse
  3. Waterfiltrasie
  4. Diaree
  5. Witmaak van tande en mond-higiëne
  6. Velsorg
  7. Deodorant
  8. Vel-infeksies
  9. Noodgeval behandeling van oordosisse

Lees meer hier: https://www.medicalnewstoday.com/articles/322609.php

Kokosneut-olie word gesien as ‘n super-kos a.g.v. die unieke kombinasie van vetsure.  Gebruike:

  1. Medisinaal – Voordelig vir die brein, word ondersoek vir die behandeling van Alzheimer’s, epilepsie ens.
  2. Gesondheid
  3. Vet verbranding
  4. Doodmaak van skadelike mikro-organismes
  5. Eetlusdemper
  6. Verminder stuipe (seizures)
  7. Verhoog goeie cholesterol
  8. Velsorg, haarsorg en mond-higiëne
  9. Verbeter breinfunksie
  10. Help om vet te verloor

Lees meer hier: https://www.healthline.com/nutrition/top-10-evidence-based-health-benefits-of-coconut-oil#section10

hqdefault

Aalwyn gel – Die sappige binnekant van die aalwynplant, word gebruik vir die volgende:

  1. Tande en tandvleis
  2. Hardlywigheid
  3. Voetswere spesifiek deur diabetes veroorsaak
  4. Anti-oksidant
  5. Beskerming teen UV-strale
  6. Beskerm die vel teen skade tydens bestraling
  7. Verlaag depressie, verbeter geheue en leervermoë
  8. Behandel brandwonde
  9. Verminder haarverlies

Lees meer hier: https://www.medicalnewstoday.com/articles/265800.php

15bcc0bfb30cef6f17f7ced83de1b7b7maxresdefault (3)

Laas Sondag het ons so entjie gaan ry, ek het nog altyd gewonder hoe ek by die aalwyn-plante, wat so vrylik op die heuwel skuins voor ons groei, gaan kom.  Grim gaan wys my toe ‘n trou lokaal (Nee ons het nie planne nie) en daar staan ‘n lekker groot aalwyn.  Ek het toe maar 2 van die onderste blare afgesny en geplant.  Ek sal fotos pos van my swart gesig (meng die aalwyn en die steenkool vir effektiwiteit), terwyl ek my mond spoel met kokosneut-olie.

Ons InLinkz-skakel vir hierdie week se uitdaging: https://fresh.inlinkz.com/p/a15eea70c3c04529ac417a1a919ae994
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings

 

 

Advertisements

11 thoughts on “(Nuwe) boererate

  1. Ek gebruik sommer Jik vir my tande, maar onthou net om hulle eers uit jou mond te haal, want ek dink Jik is sleg vir jou tong. Hierdier “nuwe” boererate interesseer my nogal, maar ek lig net my wenkbrou wanneer ek sien waarvoor dit alles help – sulke wyd uiteenlopende kwale.

    Like

  2. Ek bly maar die ewige skeptikus as dit kom by al hierdie kure. Let op hoeveel keer word Altzheimers,kanker, antioksidante, ouderdomsbestryding, depressie en vele ander vreesaanjaende dinge, in die meeste van hierdie advertensies gebruik. Dit is gonswoorde, wat slim klink, maar waarvan die gewone mens net iewers ‘n klokkie hoor lui het. Dis juis die tegniek om dit wetenskaplik te laat klink. Intussen is dit nonsens en dit was nooit volgens wetenskaplike metodes klinies getoets nie.

    Liked by 2 people

    1. Ek hoor heeltemal wat jy sê, maar as ons voorouers nie boererate probeer het nie, het ons ook nie daarvan geweet nie. Ek sal vir seker nie hierdie goed prober vir ernstige kwale nie, maar vir goed soos haarverlies of tande witmaak, hoekom nie

      Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s