Tummy

G

ebore 23 September 2010. Ek onthou dit goed, die dag wat ons op pad was Oudtshoorn toe (om verloof te raak), bel oudste dogter. Mamma, Dyna se babas is hier en sy sukkel. Dyna was my eerste yorkie, voor haar, het ek nie geweet mens kan so lief wees vir ‘n hond nie. In elk geval, julle is gebore, 7 klein yorkie-babas, jy die grootste.

Nou ja, Dyna was nie die beste ma nie, so ek het julle vroeg moes voer, eers met ‘n bottel, toe teelepel en later kon julle self regkom. Ek het jou boeties en sussies verkoop, maar niemand soek ‘n groot yorkie nie, so jy het gebly.

Hierdie enetjie was nie lief vir liefde nie en nes ek jou moes leer eet, so moes ek jou leer dat liefde en cuddles lekker is. Jy het my “Smiley” geword, altyd gereed om op jou rug te lê, sodat jou maag gekrap kan word, dan het jy breed geglimlag. Ironies dat jou naam Tummy is, toe ek julle moes registrrer, het ek gesukkel met 7 name, julle is na die Gummy bears vernoem.

Vir amper 9 jaar was jy my skaduwee. Wanneer ek siek is, was jy die een wat vir die hele dag op die bed kon lê. Wanneer ek bad, het jy soos ‘n ware trapeze artist op die rand geloop, om bo-op my klere te kan lê. Elke aand het jy in die waai van my bene geslaap

Hier op die plot, het jy op die eerste dag al, agter my kar aangehardloop, ons moes jou by die animal rescue gaan kry. Ek het gedink jy is weg. Later het jy die hele plek vol gehardloop, gereeld onder deur die elektriese heining, op ‘n Tummy-avontuur.

Drie weke terug, Sondag, het ek op die stoep gesit. Ewe skielik storm al die honde om die hoek, ek spring op, storm om die hoek en begin gil. Jy het ‘n slang in jou mond, skud hom rond. Sonder om te dink, gryp ek jou en jy los vir slang. Grim hardloop uit die huis uit en vang die slang. Kobra se kind, net so onder ‘n meter lank. Tummy het sy ma gered en niks oorgekom nie.

Jy was nog altyd ‘n cheeky klein hondjie met die moed van ‘n leeu. Toe ons net ingetrek het, moes die hierargie uitgesorteer word, so jy en Magnum het maar nie te goed oor die weg gekom nie, maar dit was uitgesorteer. Magnum het ‘n ruk terug sy been seergemaak en vir ‘n German Pointer is dit hel om nie te kan hardloop nie, die medikasie help ook net klein bietjie. Saterdag oggend, loop ek met Minique aan die hand, op die stoep uit, Tummy hardloop agter my verby om te gaan piepie volgende oomblik sien ek Magnum het vir Tummy aan die keel beet en hy skud hom en hy los nie. Ek kry vir Tummy, maar hy bewe van skok en tjank as ek aan hom raak. Grim moet maar vir Minique vat, want ek troos vir Tummy. Na ‘n uur, is hy steeds nie beter nie, ons ry na die veearts in Harties toe. Veearts spuit vir Tummy vir die pyn en sê darem is sy nek nie gebreek nie. Hy kan egter nie vir Tummy ondersoek nie, die pyn medisyne moet eers werk. Dokter sal ons bel.

So gaan Saterdag verby, geen oproep, Sondag oggend bel ek. Tummy leef, maar sy nekspiere het baie seergekry, ek moet hom daar los. Die week was rof met maandeinde, so ek kom nie een aand voor 8 by die huis nie, maar dokter sê dit gaan ok, ek reel om Tummy Vrydag te gaan haal.

Vrydag kom ons daar, maar Tummy kan steeds nie op sy linkerbeen trap nie, toe ek hom probeer optel, gil hy van die pyn en byt my hand stukkend. Dit gaan 6 weke van rus vat, sê die dokter en met al die ander honde by die huis, besluit ons om Tummy eerder nog ‘n week by die veearts te los. Vrydag aand slaap ek maar sleg, my hond ly. Saterdag gaan kuier ek, weer dieselfde. Tummy tjank, ek kan hom nie optel nie, naderhand gaan lě ek op die vloer langs hom, trane wat vanself loop. Sy oë vertel my dat hy swaarkry. Vannag, nog ‘n slegte nag, ek kan nie ophou huil nie.

Maar ek weet, ek weet, ek kan hom nie so laat swaarkry nie.

Vandag kom ek by die veearts aan, gereed om die moeilikste besluit van my lewe te maak, my hond staan, hy eet, sy stert swaai. ‘n Wonderwerk. Ons hoop weer

Advertisements

11 thoughts on “Tummy

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s