Ek trek weer….

Ek het dan net nourie dag getrek en hier gaat ek weer, waarheen sal julle wil weet?

Nou ja – eers moes ek uitvind wat ‘n Rebus dan nou eintlik is, dis ‘n speletjie waar prente en letters gebruik word om ‘n woord te vorm, ‘n woordsnoer wat uit prentjies ook bestaan. So daarshy, my adres van nou af:

8  + Towerin  + street

Re + img_5089-2  +   fountain

# +  middle +  M  + zanzi

Die diatribe met myself, omdat ek wraggies al weer moet pak, veroorsaak vlinders in my maag.  En toe besef ek, ek kan maar laat wiel, ek gaan na ‘n magiese plek toe, ek hoef niks te pak nie en sal elke dag genoeg hê.  Net daar kan ek ontslae raak van die permanente vadsig in my are en onmiddelik pak ek die reis aan. Die ElonMusk Vliegmasjien kry my sommer in ‘n japtrap daar, met DJ Ossewa wat blêr uit die speakers.

Dit is my innige hoop dat ons nie man en muis op ‘n afgeleë plaasdorp gaan eindig nie.  Die Towerin sigeuners sal daai dorp op horings neem.  En wanneer enige van die honorêre lede van ons groepie (veral Broodina) ook nog daar aankom, gaan plaasdorp les opsê.

Dit is die reine waarheid is dat hierdie ‘n plek is waar wense kan waar word. house

Soos ek nader stap, sien ek die weggesteekte pergola en opnuut weet ek dat ek tuis is.  Daar is bling, towenaars, spekbome, blomme en bali-eende, waarvoor ek dagsê .

shangri la 16 gif

Nooit, ooit kan die blues my vang nie, want die babbelkous vriende wat ek hier gemaak het laat daai bal aanhou rol, vêr verby my.

*************************************************************************************

Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

 

 

 

 

Advertisements

10 thoughts on “Ek trek weer….

  1. DJ Ossewa!! Speel graag hulle musiek op my reisprogram! Welkom Positief…sjoe ek dink jou huisie is toweragtig mooi!!! Ons gaan kopstukke kuier in hierdie village!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s