En nou?

Ek skryf min, die tyd haal my in en meeste dae wonder ek waar die 24 ure wat elkeen van ons kry, vir my heen gegaan het.  Sal so vining vertel van alles en nog wat.

Tummy is gaan haal by die veearts en omdat hy nog nie lekker kon loop nie, het ons hom saamgevat Jeffrey’s baai toe.  Ons het vir 10 dae saam met my sus, in hulle huisie by die see gaan kuier.  Ou Tummels was die eerste paar dae nog erg seer, maar die tydjie het hom goed gedoen.  Hy sal seker nooit weer ‘n 100% reg wees nie, hy loop effe kruppel en jelp nog steeds wanneer mens hom verkeerd optel, maar hy is ok en al klaar weer besig met sy streke.

Laas Vrydag-oggend kom Grim en sê dat ek hom gaan doodmaak.  Hy het maande gelede vir die res van die Admin op die Jhb Singles groep gesê, dat hulle ‘n funksie by ons huis kan reël en dat die mense sommer tente kan bring en oorslaap.  Diè funksie sal Saterdag (ja die volgende dag) plaasvind.  En ekke is vrek besig by die werk met maand-einde, die huis is deurmekaar, Grim se neef en sy vrou kuier ook daar (sien onder) en bowenal is dit die oudste kleindogter se sport-dag Saterdag, maar nou ja, grin & bear, smile & wave.

Toe ek so 12h30 by die huis kom, is daar so 20 singles, met tentjies netjies in my voortuin.  Die klompie kuier heel gesellig en kort-kort kom nog mense daar aan.  Vroeg-aand word daar ‘n vuurtjie gemaak en dit lyk asof alles voorspoedig gaan verloop.  So teen 6 uur sê Grim dat H gebel het en dat hy vir H ook gesê het om oor te kom.  (H bly so 2km van ons af, is nie getroud nie, sy is deel van die buurtwag en het al saam met Grim patrollie gery, dit was weer hulle beurt Sondag-aand.)  Sy noem dat sy al bietjie gedrink het, maar Grim sê, dis geen probleem nie.

Wanneer sy instap, sien ek dadelik, sy het bietjie meer as bietjie gedrink, sy en B herken mekaar van AA af, maar sy het van die wa afge neuk val.  Nou H is ‘n lang vrou, seker so 1.9m.  Sy vra dadelik wie al die mense is, so verduidelik ek dat dit die singles groep is.  Maar Grim en ek is dan getroud, sê sy.  Nee, ons is nie, hy is nog steeds deel van die admin, want hulle sukkel om mense te kry om die werk te doen, antwoord ek.  H is buite toe, elke keer wanneer Grim êrens heen moet gaan, moet ek saamstap, want H hang aan hom en dit laat hom vreeslik ongemaklik voel, en ek wil my doodlag daaroor.  Sy is oppad om te ry, toe een van die mans, grappenderwys sê: “Bye tannie”, sy stamp hom dat hy 2 meter deur die lug trek.  Nadat sy weg is, vertel een van die ander mans dat sy hom gebyt het.  My wenkbroue lig net op en ek skud my kop.

Volgende dag, wil Grim niks weet van patrollie saam haar doen nie, maar hy kon nie daaruit nie en ek weier om op ‘n Sondag-aand 2 ure in ‘n kar rond te ry.  Toe hy terugkom, vra ek hom hoe die patrollie was, hy sê dat H vreeslik omverskoning gevra het vir haar gedrag.  En……dat sy nie geweet het ons is sulke lekker mense nie.  Lekker? vra ek.  Sy het in haar staat gehoor ons host die swingers klub en nie die singles klub nie.  Nou ja…….As julle hoor van die nuwe, lekker swingers wat in Hennops-rivier bly, is dit seker ons.

Grim se neef van Zim af, het ‘n knie-vervanging gehad en het vir 3 weke daar by ons gebly (waarvan ons 10 dae nie daar was nie), hulle is laas Sondag huis toe.  Vrydag het hulle vir hulleself die mooiste bruin Rottweiler in Harties gekoop en natuurlik moes ons toe die boetie Sondag gaan koop.  Van swingers na nuwe ouers in een dag.

Ek het gereel met iemand op OLX om Woensdag ‘n oulike Wendy-pophuis vir die 3 meisiekinders te gaan haal in Edenvale.  Natuurlik moes Grim die groot waentjie haak, wanr die ding is 2.5 x 2m groot.  Die vorige dag het ek ‘n Nigeriese dwerg bok te koop gesien, so reel ek sommer om hom ook te gaan haal.  By die huis gekom, het ons die pophuis afgelaai, met ‘n gesukkel en die bok is in die toekomstige hoender-afskorting ingesit.  Nou ja, bok se naam is Silly Billy en hy is te oulik, net so 40cm hoog.  Die honed wil hom opvreet, maar hy vat nie hulle nonsens nie en stamp hulle met sy horings dat hulle daar trek.

Gister-aand bel Grim my, hy gaan die bok iets aandoen, Silly Billy spring oor die hek (1.5m) en jaag die honde.  Toe ek by die huis kom, is Grim en al 10 die honde binne die huis, met ligte af en meneer bok staan op die vensterbank op die voorstoep.  Hy soek eintlik net maatjies, stamp met die kop aan die voordeur en die glasdeure op die stoep om in te kom.  Hy volg my oral waar ek loop, so ek het hom darem terug in die hoender-kamp kon kry, maar natuurlik moes al die honed maar in die huis slap, vir ingeval Silly Billy weer oor die hek spring.  Wys jou, mens moet meer navorsing doen voor mens honde en bokke koop.

Ek sal fotos neem van hond en bok die naweek, sodat julle kan sien waarmee ek myself besig hou.  Lekker naweek almal.

11 thoughts on “En nou?

  1. O hel, ek dink ek het myself nou natgemaak. Dis die beste moontlie tonic wat jy my aangebied het – om te lag tot ek lê. Dit gaan beslis goed met die single swingers en ouers van daar by die Hennopsrivier.

    Liked by 2 people

  2. Positief…? Uhmmmm. Ek sal my ore oophou, maar nuus oor nuwe single-swingers bereik my gelukkig nooit. Ek staan verstom opr jul hoeveelheid honde, en dan nog ń bok ook! Nee kyk, julle neem Hennops op horings.

    Liked by 1 person

  3. Hahaha! Swingers? O nee…dit klink vir my asof jy nooooooiiiiiittt weer enige salige minuut van niksdoen gaan hê nie! Met die honde en bokke en singles en patrollie!!! haha

    Like

  4. Lekker om weer by jou te lees.
    Lekker lag ek vir H en die “single club” storie.
    Ja dai bokkies is baie stout en ek kan jou n briefie gee dit gaan nog erger raak.
    Ek hoop die pohuis gaan baie waardeer en geniet word, ouma moet onthou dat daar meubels ook moet in, ne!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s