Billy

Wanneer jy maar kleinerig van statuur is, dan maak jy ‘n plan om beter te voel.  Vandaar seker die uitdrukking “Kort-mannetjie-sindroom”.  En wraggies Billy is nou nie groot nie, net so bietjie hoër as die gemiddelde bokser.  Maar wat hy ontbreek in hoogte, maak hy dubbel op in persoonlikheid.

Gereeld is hy die eerste een wat vra vir kos en my dan sommer ongeskik ‘n stamp gee as dit nie vinnig genoeg na sy sin opgedis word nie.  Vele kere maak hy sommer self ‘n plan en weier dan om weg te gaan.  Die enigste antwoord op my “Billy, wat de f…k maak jy nou weer?” is ‘n skewe kop, ‘n kyk uit die hoek van sy oog en natuurlik so ‘n nasale snork.  Asof hy verontwaardig wil sê dat ek geen reg het om met hom te raas nie, hy is die koning van hierdie plaas en basta.  Maar natuurlik kan daar geen woorde uit sy mond kom nie, want sy mond is vol kos.

En die ander rede vir sy stilswye is dat Billy ‘n bok is.

Ja ek weet ons sê altyd, ‘n man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem, maar totdat ek vir Billy ontmoet het, het ek nooit regtig verstaan hoekom nie.

Billy is ‘n Nigeriese dwergbok, maar niemand het dit vir hom vertel nie.  Ek moes geweet het toe ek hom koop vir ‘n “bargain”, dat iets nie lekker 10/4 is nie.  Ons het hom in die bakkie gelaai en natuurlik toe ons by die huis kom, wou Billy niks weet van alleen in die kamp bly nie.  Hy het die 9 honde vuil kyke gegee en al agter ons aangeloop, self onder die stoeptafel by ons voete kom sit.

Dag 2 werk ek laat, toe ek eindelik by die huis kom, is alles tjoepstil en die ligte is af, Billy lê my en inwag by die voordeur.  Dis so stil, ek dog dis ‘n surprise party.  Toe nie – Grim wil vir Billy skiet, want Billy wil met alle mag en krag in die huis in, so hy stamp die voordeur met sy horings, vat die honde aan en skree soos ‘n baba.  Net daar het ek besef Billy sal moet bok-maatjies kry anders eet ons een van die dae bokvleis.

Eewie en Annie is gekoop ‘n paar dae later.  Ewe skielik is ek niks meer in Billy se oë nie, want 2 ooitjies is baie beter as 1.  En Billy dans nou vir hulle, kyk nie eers in my rigting nie.  ‘n Bok is voorwaar ‘n bliksem.

Dis nou 3 maande later, daar het ‘n hele klompie boerbokke bygekom en Saterdag nog 5 Nigieriese dwergbokke, maar niemand het persoonlikheid soos Billy nie.

Hulle sê mos ‘n man het ook gevoelens, hy voel honger en hy voel lus.  Onse Billy is net dieselfde, hemel alleen weet hoe hy uit die skuur uit kom, maar bo-op die dak van die skuur kan hy die lekkerste blare in die hande kry.  Wanneer hy homself verwerdig om af te klim, moet al wat ‘n ooi is bontstaan.

In die aande slaap hy bo-op die trekker sitplek, terwyl die gepeupel op die grond moet lê.  Van die hogere posisie kan hy die wêreld bekyk en voorwaar koning kraai.

Ek weet nou waar die gesegde vandaan kom, eerstehands.

FB_IMG_1565011752564

Advertisements

13 thoughts on “Billy

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s