Wat as……

Wat as…….

Daar meer as een realiteit is, elkeen volgens die besluite wat jy in jou lewe gemaak het.  So in een is ek getroud met my skoolliefde, in ‘n ander is ek net beroepsvrou, geen kinders, in ‘n ander het ek verval in depressie, in ‘n ander is ek werkloos en leef as ‘n boemelaar en so aan en so voorts.

Dit sal dan beteken dat waar ek vandag is, is die somtotaal van besluite.  Sommige daarvan het ek geneem en sommige daarvan is deur ander mense vir my geneem.  Dit sal ook beteken dat indien ek ongelukkig is met iets in my lewe, ek wel iets daaraan kan doen – deur ‘n ander keuse te maak.  Dit beteken ook dat ek nie net kan kla oor alles nie, want van die goed waaroor ek kla, is die uitvloeisel van my eie besluite.

“From the galaxy of blues to a universe we choose
No more crying and just maybe somebody to hold…”

Wat as……

Die Matrix fliek ‘n realiteit is.  Dat ons almal eintlik in ons koppe leef, erens ingeplug in ‘n masjien.  Dit sal beteken dat alles wat ons voel en ervaar net in ons koppe bestaan, ook dat elkeen van ons se wêreld ander lyk as die res s’n.

Terry Pratchet se wêreld-beeld die regte een is.  ‘n Wêreld wat op die rug van vier olifante balanseer, wat op hulle beurt op die rug van ‘n reuse skilpad deur die kosmos beweeg.  ‘n Wêreld waar towerkuns in oorvloed voorkom, waar iets kan waar word omdat jy hard genoeg daarin glo.

The_Discworld

Wat as……

Vandag jou laaste dag is?  Sal jy nog steeds by die werk wees?  Of by jou geliefdes?  Wanneer laas het jy hulle gesien, rerig met hulle gesels, nie net ‘n vinnige “hallo hoe gaan dit”, nie.  Wat keer jou om met hulle te praat, dalk ‘n ou geskil, dalk net ‘n te besige program.  Waarop sal jy jou geld uitgee?  Ietsie net vir jouself of iets wat iemand anders sal laat glimlag?  Wat sal jy met jou laaste tyd doe, indien jy geweet het presies hoe lank jy het?

Ek dink deesdae al hoe meer aan my pa se gunsteling Bybelstukke

Prediker 3:1 “ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd”, Prediker 2:26 “Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is ‘n gejaag na wind.”

Wat as…..

Vandag Vrydag is en daar ‘n naweek voorlê wat nie uit te veel planne bestaan nie.

En dan…..

Besef ek dat dit wel Vrydag is, ek moet leef asof elke dag my laaste is en dat ek die enigste mens is wat ‘n verskil in my lewe kan maak 9ander mense is te besig met hulle eie)

Lekker naweek

Advertisements

10 thoughts on “Wat as……

  1. Sjoe…ek wonder baie daaroor.Wat sal ek doen as ek weet dis vandag my laaste dag…ek sal moet vrede gaan maak met een of twee mense. Ek sal baie koffies moet inpas om hallo te sê aan almal wat ek lanklaas gesien het. Dan sou ek bitter graag nog my bucket list ook gou wil deurtrek…..ek’s bevrees een dag gaan te min wees.

    Liked by 1 person

  2. Wat as dievolgende “reality” slegs 4 voet bokant hierdie een hover? Wat as jy self besluit het hoe jou huidige lewe gaan verloop voordat jy dit begin het. In die middeleeue so jy as heks gebrand word deur sulke vrae te vra. In die huidige samelewing sal die keyboard warriors jou verskeur. So lets not go there.

    Wat as jy spesifieke waypoints in jou lewe het, of lewensveranderende ervarings asons dan so dramaties wil wees, en maak nie saak van die besluite wat jy vooraf geneem het nie, jy kom altyd by daardie waypoints uit. Does it still matter to wonjder about your choices?

    Like

    1. Deesdae hoor ek oor en oor dat dit nie help om te worry of kwaad te word oor goed wat jy niks aan kan doen nie en dat die tyd wat jy bestee deur te worry oor die goed waaraan jy wel iets kan doen, beter bestee kan word deur die doen

      Like

  3. Inderdaad! Daarom irriteer dit my as mense hulle deur gebeure uit hulle kinderjare laat lei deur hulle grootmenslewe. Mens het keuses, dit is 40 jaar later. In die 40 jaar het eie besluite ‘n impak op mens se lewe gemaak. Mens kan kies om aan te gaan. Geniet die ene sommer baie. Groot gedagtes.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s