Alles en niks

Nog ‘n maand-einde is verby, harde werk en lang ure.  Is dit net ek?  Soos ek ouer word, voel die dae al hoe korter, die ure minder en sommer so swoef-shaf is nog ‘n jaar verby.  Sonder dat ek voel dat ek iets wat saak maak gedoen het.

Die storie van Amy-Lee het die hele land geruk, maar ek ruik êrens ‘n rot.  Hoekom sal 4 mans haar gryp reg voor die skool waar baie mense hulle kan sien?  Het haar ouers die R2m losprys betaal?  Indien nie (soos wat die media beweer), waarom sal sy in die middel van die nag losgelaat word?  En wie hoor ‘n kind daai tyd van die oggend huil in die straat?  mense slaap mos?  Selfs die boemelaars.  Iets klink nie reg nie, maar ons sal seker nooit die waarheid weet nie.

Grim is vanoggend so half 3 uit die huis uit.  Ek het die radio so deur die slaap gehoor, maar aangeneem hy gaan werk toe.  Daar is probeer om een van ons bure se motorfiets te steel en toe hy op die makkers skree deur die venster, het hulle op hom geskiet.  Hy het 3 skote terug geskiet en een van die inbrekers ernstig gewond.  Toe Grim net na 4 daar weg is, het dit reeds gelyk asof die man gesterf het.  Wonder wat gaan van die buurman word?  Gaan hy aangekla word?

Grim se groot hond het ‘n week en ‘n half terug weer vir Tummy aan die nek rondgeruk, so die werwel wat 4 maande terug beseer was, is weer beseer.  Die arme hond het gister darem begin sit vir die eerste keer.  Ek hoop regtig die vegtertjie kom die keer weer wonderbaarlik reg, maar een klein yorkie-honde lyfie kan net soveel seer hanteer.

Ek dink ons moet weer ‘n bloggers byeenkoms reel, waar ons weer bietjie kan opvang met almal se doen en late, wat dink julle?

En dan sien ek hierdie, sommer bo-aan my home page op Vuisboek.  Daar is nog hoop vir ons in hierdie land wanneer mense sulke goed doen.

Capture

Advertisements

7 thoughts on “Alles en niks

  1. Ai, die arme yorkie. Hoop hy herstel weer vinnig. Man, soms dink ek ook hierdie land is soos ‘n wegholtrein en dan kom help die buurman met ons satellietskottel wat afgeroes het en vervang moet word, en ek besef weer dat daar nog goeie mense in die omtrek is.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s