Kuns, kunssinnighede en kulkunstery

Lankal kruip ek nou al in Rhebusfontein weg, kom net so nou en dan uit my huisie om sku-sku te hoor wat aangaan.  Met die moerse marula-ontploffing het ek en my Billy-bok egter soos wafferse atlete genael, al in die rondte, al in die rondte.  Soveel so dat ek sommer eensklaps 10kg minder geweeg het en my sirkus-baard weg geskrik het.  Nou kan ek ook weer my gesig buite wys.

Ek het net my neus by die deur uitgesteek, toe kom Lorenzo en so snaakse vrou op my afgestorm.  “Wee wee”, sê sy vir hom en ek kyk af want dalk het ek ‘n glips gehad van die marula-bom.  Volgende hoor ek iets van d’art en ek slaan sommer net daar plat, hoekom sou hulle my met darts wil gooi?  Dalk ken hulle my nie meer nie.  Ek hoor die getrippel nader kom en toe ek die skoene sien, dog ek eers dis Camilla wat al weer besig is met haar streke., maar nee, die vrou aan wie hierdie skoene behoort, ken ek nie en ek sweer ek het my varkies nou heelemal verloor, want ek verstaan niks van haar gebabbel nie.

shoes

Lorenzo het my toe maar goedgunstiglik opgehelp en die situasie probeer verduidelik: “Shee wantz you to bring your artz to the park”  Huh, het Lorenzo nou ook die kluts kwytgeraak?  Toe ek verby hom na die park se kant toe kyk, sien ek dat al die Towerinne daarheen oppad is met klomp goed.  Ooooo, hulle gaan kuns-uitstalling hou.  Maar hel, ek het nie kuns nie, dink ek.  Voordat ek dit hardop kom sê, het Lorenzo en die vreemde vrou my al klaar die huis ingehelp en beskou sy die mure.

Die geneuk van my goed, jou goed ons goed en nou saambly-goed is dat daar mure is met prentjies op waarvan ek nie die storie ken nie.  Dan is daar ook soveel minder mure dat helfte op ‘n hoop in die monster – werkswinkel staan.  Soos shwester Hester was ek nog nooit eintlik baie bewus van kuns nie, dink nie ek het al ooit ‘n oorspronklike skildery besit nie en sou ook heel moontlik windowlene op hulle gebruik het, as ek het.

Hier is ‘n paar fotos van my “kuns”

Grim se smaak neig na natuurtonele toe, so daar is heelparty skilderye van zebras, olifante, renosters en so aan wat in die huis opgesit is.

IMG_20190905_061959

Sy studeerkamer se mure is vol tekeninge van sy motorfietse, nie seker wie dit gedoen het vir hom nie.

IMG_20190905_062011

Die trappe boontoe, word versier deur familie-fotos, meestal van my lewe, want Grim is sku vir ‘n kamera.  Ja, ek weet dis nie kuns nie, maar dis vir my mooi en die eerste keer wat ek klomp random fotos saam teen ‘n muur het.

IMG_20190905_062215

Bokant die klavier hang twee van my floating glass prentjies.  ek het dit baie lank gelede gekoop saam met die 2 beelde, net sommer omdat dit mooi was.

Die hout-vaas, het ek eendag lank terug met ‘n kwas bygekom en die canvas het ek geverf want daar was ‘n kaal kol teen ‘n muur.  Ek hou van abstrak (miskien omdat dit al is wat ek self kan doen)

IMG_20190905_062852

My dogter het hierdie een op skool geverf

IMG_20190905_062327.jpg

Nou nie ‘n skildery nie, maar die eerste mosaik wat ek gemaak het, daarna het ek nog baie ander gemaak maar meeste daarvan het ek weg gegee.

Ook nie skilderye nie, maar my bali eende en emu’s, een stel by die voordeur en een by die deur uit op die stoep.

IMG_20190905_062340

Teen die nuwe muur van die stoep, in die kroeg-gedeelte het ek my windpomp kop opgesit, natuurlik met 20m se liggies om wat sommer vanself elke aand aangaan.  lekker bling.

IMG_20190905_062451

Laaste maar nie minste nie, die geroeste leer met sy eie uitstalling van melk-kanne en ou tasse en natuurlik die kleinkinders se Bali-hobbelperd.

Kan iemand net asseblief vir Jinay gaan roep, sy het na die geroesmoes-kuns, vervaard met rooi hakke en al die berge ingevlug.

Hierdie is ‘n denkbeeldige kunsuitstalling en elke Towerin word gedaag om haar unieke kuns (hetsy self gemaak of sommer net self gelief) te kom uitstal! Die In-linkz skakel is: https://fresh.inlinkz.com/p/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85

 

Advertisements

9 thoughts on “Kuns, kunssinnighede en kulkunstery

  1. 10 Kg ligter al in die rondte genael sê jy 😂😂😂😂 ek sien jou en Billy!!! En jy was dus die bearded lady!!! Never a dull moment met jou saam nie Positief. Ek hou van jou kuns. Daardie mannetjies met hulle musiekinstrumente is my gunstelung.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s