Dis my ma se skuld….

Siende dat die skole die week begin het en na aanleiding van die vele insidente laas jaar van kinders wat totaal hande uitruk en dan word alles en almal blameer, behalwe die kind self, het ek gedink om my sop-storie ook te plaas.

Ek was seker so 10 of 11 jaar oud, daar êrens in die 80’s, een van my maats kom by die skool aan met haar hare gevleg in ‘n franse vlegsel.  Daardie tyd het die internet nog nie bestaan nie en op die plattelandse dorp waar ons gebly het, het ek nog nooit iets so mooi gesien nie.  Natuurlik het ek daardie middag by die huis gekom en aangedring dat my ma my hare ook so moet vleg.  Na ‘n paar pogings van my ma se kant af, het sy moed opgegee.  die franse vlegsel wou net nie werk nie.

Ek het myself so vererg dat ek vir dae in die kamer gesit en geoefen het om my eie hare te kan vleg.  Siende dat ek op daardie stadium nog nooit eers gesien het hoe dit gedoen word nie, was die vlegsel aanvanklik maar krom en skeef.  In die aande het ek tot gedroom van die gevleggery en op die ou einde het ek dit tog reggekry.  Vir ‘n hele tyd was my hare elke dag gevleg skool toe.  Later in die hoërskool is hare geperm, so die vlegsels het al minder geword.  Maar ek kon dit steeds doen en het later my eie en die trompoppies se hare gevleg.

My dogters se hare was baie lank toe hulle klein was en D het gimnastiek gedoen, die oplossing – ‘n franse vlegsel wat onder haar een oor begin en dan so al om die kop gevleg word in ‘n sirkel, dit was die enigste manier om die hare wat tot op die boude gehang het weg te bind.  Natuurlik het die meisiekinders nooit baie stil gesit vir die vleggery nie en is ‘n paar keer met die borsel teen die kop geslaan (hulle het my nou nog nie vergewe nie).  Altwee van hulle kon nie wag om hulle hare te sny in ‘n bob nie en toe is die vleggery ook op ‘n einde.  toe hulle op hoërskool hip-hop gedans het, moes ek weer vleg, sulke klein vlegseltjies (corn-row braids), so teenaan die voorkop.  Die hele dans-span se hare moes gevleg word toe hulle in Duitsland gaan deelneem het, dit het my omtrent die hele nag besig gehou voor hulle kompetisie die volgende dag.

Game of thrones, Frozen en Vikings het die franse vlegsel weer nuwe lewe gegee en deesdae is dit hoog-mode om gevlegte hare te hê.  ‘n Gewone franse vlegsel is ook nie meer goed genoeg nie, nee, nou moet dit uitstaan (dutch-plait), fish-tail of waterval -gevleg word.  Natuurlik moes ek myself ook leer om dit te kon doen.  Gelukkig het ons nou die internet, waar ek kon leer.  Ek het nog altyd gesukkel om die corn-row op my eie hare te doen, maar Maandag het ek dit uit-eindelik reggekry.

IMG_20200113_081957 (1)

Alles my ma se skuld.

19 thoughts on “Dis my ma se skuld….

      1. Dankie Bondeltjies, die vlegseltjies is nou al die hele week in, te lekker, hoef niks met my hare te doen nie want al wat raakgesien word is die vlegseltjies. Sal seker moet uithaal vannaand om te was. Wonder wat maak die mense wat hulle altyd in het? en die rastas met hulle dreadlocks

        Like

  1. Heng, en daar besef ek nie gisteraand toe jy my jou vlegseltjies wys dat dit so ñ groot werk is nie! Maar bygesê, jy het stunning gelyk by ons eerste Boekklub byeenkoms.

    Like

  2. Ek looovvvee jou vlegsels! Ek kan nie vleg om my lewe te red nie, en wil altyd so graag my Jordie kleinkind se hare so mooi maak maar ia, hierdie ouma is dom met daai ding!

    Like

  3. Sjoe dit wil gedoen wees. Dis pragtig. My haartjies iste fyn en ek het nooit ooit lang hare gehad nie. Hier hou die meisies ook van lang hare wat gevleg word. Dan kom die kopluise en hul moet dit skoon maak. Nou weet hul te vertel dat luise nie van los hare hou nie dus die oplossing alger loop met hierdie swiepende hare vir n ruk!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s