Wanneer is jy oud?

As ek oud wordold2

wil ek oud wees

Geen gladgestrykte plooie 

geen uitgewiste spore

van geluk en verdriet

maar ‘n oop verlede

‘n landkaart

wil ek wees

waarop jy my lewe 

kan lees

Stef Bos (Stillewe)

 

Ek soek rond op die internet vir ‘n grappie of ‘n prentjie en kom af op heelparty oulikes, ook vanuit my eie Blog-gemeenskap.  Lees so vinnig die artikel oor Babelas en ouderdom https://www.netwerk24.com/Sarie/Myself/Gesond/dis-hoekom-babelas-met-ouderdom-vererger-20180213, dink so by myselwers dat behalwe om minder te drink soos jy ouer word, kan jy natuurlik meer drink ook, of meer gereeld.  Indien jou lyf gewoond is aan ‘n glas wyn of twee per dag, sal hy mos nie babbeleer nie, of hoe?

In elk geval (sien dis ‘n teken van oudword – begin met ‘n storie en kort voor lank, vertel jy iets heeltemal anders).  In elk geval…….

Ek sukkel baie lankal met my oë en migraine.  Dit het alles begin toe ek vir die laser operasie gegaan het, op 25.  Lang storie kort, die spesialis het die kornea op my regter-oog beskadig, in so mate dat oogkundiges vir baie jare net hulle hande in die lug gegooi het, geen bril of kontaklense sou help nie.  ‘n Maand terug het ek uiteindelik gegaan om my bestuurderslisensie te vervang wat gesteel is, natuurlik met ‘n oogtoets in die hand, anders “fail” hulle my.  die oogarts sê toe dat ek ‘n spesialis moet gaan sie en ek maak so.  Die spesialis sê dat hy wel kan opereer, maar dat enigeiets wat hy vir my “gee” vir vêr sien, sal weggevat word uit die naby sien.  Ek moet terug na die oogkundige toe vir kontak lense.

In my twintigs het ek op ‘n stadium kontaklense gedra en dit was een groot stryd.  Soms het ek die goed in my oë vergeet, net om die volgende oggend wakker te word met sulke lewer oë.  Ander kere het ek hulle op die vloer laat val en dan so voel-voel gesoek om hulle weer op te spoor.  My oë was permanent krapperig.  Die oog-arts bevestig wat ek gedink het, kontak-lense gaan dieselfde effek as die operasie hê, so wanneer ek op die rekenaar wil werk of wil lees, sal ek hulle moet uithaal.  Lang storie kort, ek kry toe ‘n bril.

Brille, pille, stadiger dink en plooie, seker maar alles deel van ouer word?

15 thoughts on “Wanneer is jy oud?

  1. Ek sê weer oudword is nie vir sissies nie. Dit klink afgesaag maar dis sowaar nie vreeslik prettig as jy so goed kon spel, en nou moet jy gedurig die woordeboek nadertrek vir die simpelste woorde nie. Dis maar een van die klagtes. Die ergste is nog dat die verlede al duideliker voor jou begin afspeel. Ek moes ‘n mooier storie vir my lewe geskryf het!!! (Nie dat jy oor die verlede wil tob nie… dit speel net soos ‘n rolprent voor jou af)

    Liked by 3 people

  2. Jy’s oud wanneer jy oud voel. En dit gebeur nie. Jy sien ander mense se plooie en verwonder jou daaraan. Jou eie kyk jy mis. Moenie skop teen jou bril nie. Mettertyd word sy jou beste vriendin en dan verlang jy nooit weer na kontaklense nie.

    Liked by 1 person

  3. Het reeds as laerskoolkind vrede gemaak met my bril. Kontaklense – behalwe vir “high days ‘n holidays” – was heeltemal te veel moeite. Maar liewe Positief, dit gaan darem nog ‘n baie lang ruk wees voor jy jouself “oud” sal kan noem! In elk geval sal selfs ouderdom nie jou onnutsige vonkel kan verdof nie.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s