Heyjaaaaa

Laas naweek toe klein Zenaldi en Alzine op die plot is, kry hulle ‘n sakkie vol armbande in die kassie op die stoep.  tipies dogtertjie, moet al die armbande dadelik aangepas word.  Die kleinste (Alzine) doen alles agter sussie aan, so sommer gou-gou, is die armpies al 4 tot bo vol alembande (soos Zenaldi sê) en natuurlik moer daar toe ook oolebelle ook bykom en knippies en kroonties in die hare.  Na so rukkie se opdollie, besluit Zenaldi dat trampolien-spring baie lekkerder sal wees.

Desember se konsert het die baba-klas ‘n paar liedjies opgevoer, onder andere Ipi Tombi en Zenaldi het op 2 jaar nog geen skaamtes nie en het heerlik heel voor gedans en boude geswaai.  Op die trampolien, spring sy heerlik op en af en sing luidkeels “Heeey-jaaaa, hey-jaa, hey-jaaaa ipi tombi, ja”, met klingelende alembande en wippende oolebelle.

Nou ja met die Corona-virus in die lug en mense wat spaander om kos te koop vir die kwarantyn en die skaarste, voel ek ook sommer lus om te heeey-ja, net sommer.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, dis ‘n ernstige saak en ons moet almal ons bes doen om gesond te bly, maar wrintie-waar, paniek gaan niemand help nie.

Naskrif – Is daar nog mense wat nie kan ophou om aan hulle gesigte te vat nie?  Of is dit net ek?

Nadat iemand op die comments gesê het dat ek ‘n prentjie geskilder het, ‘n foto van my 3 kleindogters bymekaar.  Zenaldi het Sondag 3 jaartjies oud geword.

IMG_20200314_113026[1]

5 thoughts on “Heyjaaaaa

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s