Vandag se plan

Dit is nou amper seker dat Suid-Afrika binnekort in ‘n “State of Emergency” sal wees, of dit al die provinsies of net sekeres gaan wees, sal ons moet sien.  Wat dit beteken is dat ons gedwing gaan wees om in ons huise te bly.  Hoe dit sal werk om kos en medisyne in die hande te kry, sal ons moet sien.  So weer-eens is mense in panick-mode en koop die winkels leeg.  My plan vir vandag (terwyl ek nog by die werk is), is die volgende:

  1. Maak seker dat daar genoeg voorraad is om ons aan die gang te hou:
    • Diesel vir die generator
    • Nie-bederfbare kos (Blikkies, stysel (pap, pasta en rys), koffie, tee, langlewe melk, toilet-benodighede)
    • Kos vir die diere (Hoenders, bokke, visse, pappegaaie en honde)
    • Medisyne – Chronies en nood vir onsself en die diere.
  2. Internet toegang.  Die gewone internet by die huis werk, maar my werk 3G is laas jaar Julie al gesteel, so ek moet dit blitsvinnig vervang.
  3. Maak lys van alle skuld, (huis-lening ens), tesame met telefoon en epos-adresses.  Begin hulle solank kontak om te hoor wat gedoen word om mense wat nie kan betaal nie, te help.  Daar is reeds banke wat payment-holidays aan besigheids-kliente gee, so ons gewone mense behoort ook te kan aansoek doen.
  4. Wat is die werkers se situasie? Dit moet uitgeklaar word voordat die lock-down hier is……..
    • Bediende bly net oorkant ons, so dalk kan sy nog inkom
    • Plaas-bestuurder bly in Orange farm, so hy sal heel moontlik huis toe gaan, of sal hy sy vrou plaas toe wil bring?
    • Plaas-assistent is ‘n Malawiër, so hy sal kan bly en werk
  5. Wat is die kinders se planne?  Gaan hulle by hulle eie huise bly, of wil hulle na ons toe kom?  Indien wel, moet ons seker maak dat daar genoeg voorraad is om hulle ook te akkomodeer.
  6. Sekuriteit.  Ons verwag dat indien daar ‘n geforseerde tuisbly is, wat mense se inkomste wegraap, dat daar meer inbrake sal wees.  Is ons heinings reg?  Elektriese heining?  Het ons wapens en ammunisie om onsself te verdedig?  Is ons verdediging en vlug-planne nog reg en is dit nodig om dit op te dateer?

Wat is jou plan vir vandag?  Is jy paniekerig of parraat of het ‘n “wat moet gebeur, sal gebeur” houding.  Hoe voel jy vandag, positief, negatief?

 

6 thoughts on “Vandag se plan

  1. Ons het so pas die laaste inkopies afgehandel. Nee, ek is nie negatief nie, maar ons is baie versigtig in ons kontak met die buitewêreld. Ons is nie vreeslike sosiale mense nie en ons werk van die huis af, met die gevolg dat ons redelik gewoond is aan “self-isolasie”. Ons grootste bekommernis is, soos gewoonlik, ons internetstelsels, maar jy kan ook net sóveel voorsorg tref.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s