Vandag se plan (2)

Nou ja, gedwonge huis-arres of heerlike vakansie by jou eie huis, dit hang af wat jy daarvan maak en hoe jy daaroor dink.  Paniek gaan nou niks help nie, maar daar is definitief ‘n paar goed waaraan gedink moet word:

  1. Maklik om te sê daar gaan genoeg kos in die winkels wees, maar beteken dit dat al die fabrieke wat die kos maak se mense gaan werk?  Indien hulle wel werk, hoe gaan hulle daar kom wanneer publieke vervoer ‘n probleem word?  Meer nof, die mense wat die crunch nou al vir ‘n paar weke beleef, het ‘n geld-probleem.  Hulle kan nie kos koop nie, selfs al is dit op die rakke.
  2. Sekuriteit van jou woonplek en geliefdes behoort hoog op jou lysie van prioriteite te wees.  Wanneer iemand honger is, gaan hy nie in sy huis bly nie, hy gaan kos soek en sy enigste manier om dit in die hande te kry, gaan wees om dit te neem by iemand wat wel het.  Gaan die sekuriteit by komplekse op hulle pos wees?  Ek twyfel sterk.  Elke persoon sal homself, sy gesin en sy woonplek self moet kan verdedig.
  3. Die lockdown gaan nie dieselfde wees as “business as usual” of “werk asb van jou huis af”, nie.  Dit beteken jy gaan vir dae, ure en weke in dieselfde persoon(e) se geselskap wees.  Jy sal iets moet hê om jou hande mee besig te hou en iets om jou brein te stimuleer.

So kom ons by die plan vir vandag:

  1. Praat met die mense in my span, maak seker dat hulle almal se “tools” werk.  Hierdie 21 dae is die tyd wat jy nie nodig het om vure dood te slaan nie, so watter van jou KPI’s kan jy doen in hierdie tyd?  Wat het jy nodig om dit te maak werk?  Indien dit ‘n fisiese leêr is, pak hom in ‘n boks.  Indien dit ‘n leêr op die shared server is, gaan maak vannaand seker dat jy dit van die huis af kan access.
  2. Praat met bestuur van die mpy.  Wat is die planne vir maand-einde, voorraad-opname, dokumente wat nodig is ens. ens.
  3. Praat met die konsultante.  Watter van die huidige projekte kan voortgaan en watter nie?  Is daar support vir stelsels en indien wel, hoe moet ons maak om dit te kry (Is ‘n epos genoeg of moet ons telefonies kontak)  Maak seker dat al die details op die rekenaar gestoor is.
  4. Gaan weer deur die kos en ander benodighede by die huis.  Probeer om in die hande te kry indien daar kort.  Maak ‘n plan B indien jy nie kan kry nie.

Hier is solank inligting oor die implikasies van die lock down, sodra ek meer het sal ek kom aanplak.

WhatsApp Image 2020-03-24 at 09.52.35

3 thoughts on “Vandag se plan (2)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s