10 Gebooie vir lockdown

“LOCKDOWN – geleen.

Oor die volgende drie weke is die gala aan, en gaan jy heel moontlik ñ baie beperkte spasie deel met mense wat jy nog altyd gedink het jy baie goed mee oor die weg kan kom. Na 5 jaar in Afghanistan, en tallose “hard lockdowns” wat soms tot ñ maand geduur het, deel ek graag so paar gedagtes van my eie ondervinding.

1. Dis moeilik. Nee, dis vrekmoeilik! Veral hier na dag 10, wanneer die nuutheid en die snaaksheid daarvan begin verdwyn. Jy gaan jou selfdissipline moet opknap en skerp hou.

2. Ontwikkel vinnig ñ gemaklike roetine waar jy ñ gesonde balans tussen jou eie tyd en tyd saam met die res van die huishouding balanseer.

3. Moenie lyf wegsteek met dagtakies nie – bring jou kant. Maar moet ook nie ñ pyn in die gat wees vir ander en hulle die heeltyd op en af order nie. Nerwe raak vinnig dun so.

4. Jy gaan dinge van die mense rondom jou leer, raaksien en ontdek wat jou nog altyd ontgaan het. Meeste daarvan gaan jou nie laat giggel nie. Deal with it, en byt op jou tong. Hulle besef ook skielik dat jy nie so perfek is soos wat jyself glo nie.

5. Hou ñ fyn ogie oor die mense rondom jou. Die swart hond het ñ slegte gewoonte om in hierdie tye sy intrek te neem. En as dit nie hy is nie, is dit daai jakkals wat hulle Onverdraagsaam roep. Hou altwee van jou deur af weg.

6. Wanneer jy toegelaat word om te reis/beweeg, vermy enige ding in uniform so ver moontlik. Niks sit die deursnee spietkop/soldaat/polisieman op ñ power trip soos omstandighede soos hierdie nie.

7. Bly besig, al is jy net besig om rustig te wees. Dit sorg dat jou kop nie warm raak met allerhande worries en stres nie. Dinge is wat dit is – die troos is dat bittermin van ons NIE hierdeur sal kom nie. Sorg dat jou verhoudinge hierna sterker en beter is. Dit sal ñ bummer wees as jou eerste stop na lockdown die egskeidingsprokureur of malhuis is.

8. Bly positief. This too shall pass. Dit doen altyd. Hierdie is nie oorlog nie. Ontgin jou kreatiwiteit. Smee nuwe planne vir die toekoms. Droom groot en berei jouself voor om gat te skop wanneer die deure weer oopswaai.

9. Hou ñ ruim voorraad popcorn. Jy gaan dit nodig hê wanneer jy sit en toekyk hoe die ouens wat nie hierdie raad volg nie self-destruct. Vermy snowflakes – daai goed gaan jou mal maak met hulle entitlement en eise.

10. Jy het baie tyd op hande. Gesels ñ slag met jou Skepper, en leer Hom weer ken. Jare van nou af gaan jy terugkyk en besef hoe waardevol hierdie drie weke regtig was.

En dan, die elfde gebod. Be safe, but have fun.”

3 thoughts on “10 Gebooie vir lockdown

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s