Hier is die tweede hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9
Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te
NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:
https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017
Vandat sy kon onthou het mense vir haar gelag. Eers het sy gedink alle kinders word voor gelag, maar met die jare saam het sy besef die gelaggery is geen grap nie. Meer en meer het sy haar onttrek in haar eie wêreld in. ‘n Wêreld waar haar krom neus en moesie op die ken nie saakgemaak het nie, ‘n wêreld waar haar 8-been vriende regte dogtertjies was en kon teepartytjie hou sonder om onder ‘n kas in te skarrel.
Jare later vlieg sy op haar besem deur die sirkus van mnr Barnum, die mense se gelag pla haar nie meer nie, slegs die vrees op die kleinstes se gesigte laat haar beter voel. Dan ka-ka-ka sy hees en die vrees voer haar binneste. Gewoonlik steur sy haar glad nie aan die ander vreemdes agter die gordyn se gebabbel nie, maar ‘n woordjie laat haar ore spits, “Towerinne……” Sy staan ‘n klein bietjie nader, maar haar teenwoordigheid veroorsaak dat die bebaarde dame en die nar onmiddelik stil raak.
Van daar af maak sy ‘n punt daarvan om te luister wanneer die vreemdes praat. Sy hoor gedeeltes van gesprekke met woorde soos Rebuisfountein, pratende diere, fantasie-wêreld en Towerinne. In haar vrye tyd doen sy navorsing, maar waar die plek nou eintlik is, kan sy nie ontsyfer nie en sy weet in haar hart dat die plek vir haar bedoel is. Tot eendag toe daar ‘n verslaggewer by die sirkus opdaag. Blykbaar ken sy en mnr. Barnum mekaar van die Rebuisfountein-dae af en die verslaggewer sê dat sy net na die sirkus weer terug moet gaan Rebuisfountein toe.
Daardie aand toe die ringmeester aankondig: “Dames en here, hiermee stel ek julle graag bekend aan die wêreld se enigste regte egte vlieënde heks………..”, heers daar ‘n doodse stilte. Die kollig fokus, maar daar is niks in die lug nie. Vêraf hoor mens ka-ka-ka en indien die sirkusgangers buite was, sou hulle ‘n besem sien verdwyn oor die horison, net ‘n klein entjie agter’n blou Uno.
WHAAAA!!!! Wat gaan hier aan? Dis mos wraggies Broodina wat weer die ongeluk oor Rebusfontein veroorsaak het?
LikeLike
O genade, het ons ń regte heks op Rebus????
LikeLike
Ek laai my goed, moet so vinnig as moontlik daar kom! Toortsie, die Frangelico, is jou voorraad aangevul want ons gaan versterkings nodig hê!
LikeLiked by 1 person
Jajaaaa! Ek het nog ‘n paar versterkinkies uit my man se kas ook gesmokkel.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, mmmm…., wat sê jy oor die heksie se spinnekop-maatjies…???
LikeLiked by 1 person
Ek is nog nie seker of sy nie self spinnekopbloed het nie. Ek het besluit om hulle mis te lees. Te ignoreer. Ek weet die Towerinne gaan my help.
LikeLike
Coronamona, ‘n eensame heks….so ons ” nuwe normaal” het met haar kinder trauma te doen…wat is dit met Rebusfontein se Towerinne en hakkieshartmense.Dink net as ons haar gelukkig kan maak en haar Covid virus wat ons vryheid dief verdwyn. Ons kan superhelde word! Mooi Positief, ek sien hier kom ‘n storie van formaat…😉✏📚👍
LikeLiked by 3 people
Hakkieshartmense. Ek lief hierdie woord. So jy reken ons moet die heks met liefde beveg?
LikeLiked by 1 person
Dis mos wat Towerinne doen…kry almal jammer al brand dit. 😉
LikeLiked by 2 people
Ek laaik jou idee.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Uitmuntend. Asemophougoed.
LikeLike
WADDEHEL…??!!!! Hester, Positief??? Jôh, hierdie storie sal dopgehou moet word…. hoop ons weet waarvoor ons ons inlaat… die keer?? Well done Positief
LikeLiked by 1 person
Kry daardie ou dogtertjie so jammer…
LikeLiked by 1 person
Wow! ‘n Heks! ‘n egte bose heks? met spinnekop dogtertjies en maatjies? Towerinnne!!!!!! Kom help hier op Rhebus! Ek is nou baie bly Toorts het haar man se kabinet bietjie geraid. Ek self het so ‘n klein bietjie witsblits ook ingepak, waar oor ek nou baie bly is.
LikeLiked by 2 people
Ons gaan die witblits baie nodig hê
LikeLike
Witblits! Ek het dit nog nie geproe nie, maar dit klink soos ń gesellige drankie??🤔🧐😂
LikeLiked by 2 people
Ja dit laat jou gesels, of wat praat ek alles, Toortsie? The name says it all.
LikeLiked by 1 person
White thunder! 😜 Heeltemal anders as die Transvaalse donderstorm!
LikeLike
Una, hou verby – daai drank is erger as mampoer!
LikeLiked by 1 person
As niemand wou glo Broodina kan verander nie, watse kans staan die heks? Maar wie weet… tannie Frannie se hart is klaar sag. Welgedaan!!
LikeLike
Tannie Frannie se hart is altyd sag, behalwe wanneer sy daai diamante moet uithaal, of wat sê ek?
LikeLiked by 2 people
Ja’k – dis maar mammon wat oorneem.
LikeLiked by 1 person
O jinne, dit klink beslis na Broodina. Sy wil maar net nie die Towerinne uitlos nie!!
LikeLike
Hmmm, dit is interessante wending. Lekker gelees hieraan.
LikeLiked by 1 person
Nou flapper die heks op die besem agter die blou Uno aan en verbeel haar sy gaan op Rebusfontein uitkom!!! Nee wat daar moet n stokkie voor gesteek word voordat Broodina weer haar kop hier insteek.
LikeLiked by 1 person
Kon die bleddie polisie wat Toorts hulle so gepes het nie maar die vliëende besem uit die lug geskiet het nie? Het dadelik n bestelling op TakeaLot ingesit vir 15 kaste Doom. Sodra dit kom is ek oppad,!!!!
LikeLiked by 1 person
Lag ek nou vir jou kaste vol Doom!!!
LikeLike
Dis mos maar my veiligheidsmeganisme!
LikeLiked by 1 person