Mediteer

Nou ja, daar’s nog ‘n idee waarvan ek min tot f@kkol van weet.  Meditasie.  Iemand sê eendag dat dit eintlik net is om stil te word en jou kop leeg te maak.  Van daai kop-leegmakery weet ek alles.  Ek weet presies hoe moeilik dit is om die gedagtes wat soos resies perde deur my brein galop net vir een oomblik stil te kry, wat nou nog van ‘n hele klompie minute.

Baie jare gelede toe ek nog vir die Groen plek gewerk het, was daar een of ander bestuurs-kursus…..So by the way, daai groen plek het hope meer belang gestel in sy mense as waar ek nou werk.  Dalk is dit omdat die groen plek deur die Franse besit is en nou se plek word deur Nigeriërs besit.  Anyhoe

Die kursus is aangebied deur een of ander bedryfs sielkundige.  Op ‘n stadium praat hy van balans tussen werk en huis en sê hy dat dit nodig is vir elke persoon om te ontspan, selfs vir 5 minute gedurende ‘n besige dag.  So hy laat ons ‘n oefening doen.  Dit werk as volg:

Tel van een af, sit ‘n “en” tussen elke getal en elke slag wanneer jy en sê, maak jy jou oë toe en dan weer oop, dan sê jy die volgende nommer.  Jy moet die hele tyd diep in-en-uitasem.  Ek het wraggies nog nooit by 10 uitgekom nie, dan wil my oë nie weer oop nie.

Wanneer jy by die “jy kan nie jou oë oopkry” stadium uitkom, hou hulle toe.  Dan sien jy voor jou ‘n hek, maak dit oop, daarna sien jy ‘n plek waar jy instap, kyk rond, gaan sit dan en raak rustig.  Hoor wat om jou aangaan, ruik die plek, voel die koue of hitte aan jou vel.  Bly in daai plek totdat jy voel dat alles binne jou rustig is en wanneer jy reg is, stap weer uit.  Voel hoe jy nuwe energie bygekry het, maar weet jou plek is daar wanneer jy wil teruggaan.

Ek kan niks van die res onthou nie maar gebruik die oefening nog steeds baie kere.  Dit help wanneer daai perde gedagtes deur my kop hol en wanneer ek nie kan slaap nie.

Hier is hoe my plek lyk:  die hekkie is ‘n ou verroeste plaashekkie, hy sukkel bietjie om oop te maak, wanneer ek binne is, sien ek ‘n hele veld vol groen rose, ek ruik die soet geur en sien wit vlinders wat in die veld baljaar.  Ek pluk nooit die rose nie, adem net hulle geur in en stap verder.  Ek gaan sit onder ‘n boom, ek is nie seker watse boom nie, maar die takke hang oor en niemand van buite kan my sien nie.  Mens sou dink dat dit koud is onder ‘n digte boom, maar dis nooit koud nie.  Ek kan die son op my vel voel, maar dis ook nooit vrekwarm nie.  Ek voel die hobbels van die bas teen my rug, maar ek sit baie gemaklik daar, plat op die grond.  Soms haal ek ‘n boek uit en lees, ander kere sit ek net.  Ek kom gewoonlik net tot hier wanneer ek aan die slaap raak.

Wanneer ek die oefening gebruik om te kalmeer deur die dag, voel dit asof ek myself letterlik weg moet skeur van die boom af.  Dit pyn om die fantasie te laat gaan, maar ek weet dat ek weer terug kan gaan, net wanneer ek wil.  Ek maak die hekkie styf agter my toe en kyk nog een maal om na my veld van groen rose en maak dan my oë oop.

Una se prentjie die ander dag het my hieraan laat dink.

12 thoughts on “Mediteer

  1. Dit is ‘n baie mooi prentjie wat jy beduie en ek hou van wat jy sê. Dis goed om te weet daar is plekke wat meer vir hulle mense omgee as vir besigheid of naam. Ek probeer ook gereeld deur die dag net ‘n breek vat al is dit net om paar keer diep asem te haal.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s