Positief – Dag 4

Rona’tjie het vanoggend in my oor kom fluister “Jy was lekker grootbek gister nè?  Vandag wys ek vir jou!”  En toe los sy my wraggies met die pynende oor net daar voordat ek haar die klap kon gee wat sy verdien.  Ek dink onse Rona dra vir seker ook ‘n masker.  Sy masker haarself as ‘n ou verkoue’tjie, dan val sy al wat ‘n ding is aan, sodat mens amper vergeet van die verkoue simptome.  En net dan, kom sy agter daai masker uit en maak jou bors so seer van aanmekaar hoes.

Ek sweer ek het gister niks gehoes nie, maar deur die nag aanmekaar, en glad nie ‘n droë Rona-hoes nie, nee ‘n taai, nat slymmerige een wat nie wil uit nie en jou bors laat voel hy wil bars.  Nooit sal ek myself die skuld gee nie, dis Rona!!

Gister het ek te goed gevoel en dinge heeltemal oordoen, te veel en te lank gewerk en hopeloos te veel gerook.  Ek sien julle daar, spektators, ek sien julle!  Ek rook, punt, stop, oor en uit.  Die wat dit nie laaik nie, kan maar annerpad kyk, annerpad asemhaal en vir anner mense preek.  Rook hou my kalm, anders het ek lankal iemand vermoor.  In elk geval het elkeen ten minste een sonde, myne is rook.

Anyhooh, ek voel vandag minder goed as gister, maar nie so sleg soos Saterdag nie.  My suurstof-telling is 99, wat uitstekend is vir ‘n roker, maar ek moet beter luister na my lyf, gaan rus wanneer ek moeg raak.

Rona

Rona lyk darem allemintig baie na Broodina hoor!

22 thoughts on “Positief – Dag 4

    1. Ek hoor wat jy sê, maar ek kan nie. Wanneer ek werk het om te doen, doen ek dit so ver moontlik maar eerder en kry klaar, anders stres ek die hele tyd daaroor. Ek het Saterdag-aand gaan slaap met 578 pallette wat nie gebalanseer het nie, die hele nag gedroom hoe palette op my val en pallet monsters my aanval

      Liked by 3 people

  1. Mmmmm daardie gelaatstrekke lyk altevol bekend. Beslis familie van daardie skarminkels wat die Towerinne so verrinneweer. Rook as jy moet rook maar rus tog net tussenin sodat jou longe weer kan sterk word. Hope liefde vir jou daar in jou ellende. Dit sal weer beter gaan.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s