‘n Los skroef

Wanneer kleinste Z kom kuier, kan sy haarself ure lank vermaak met my grimeerspiëel. Een van daais wat 10 keer vergroot aan die een kant sodat mens elke plooi van naby kan aanskou. Dan kyk sy vir haarself en draai die spiëel om en om, “Kyk ouma ek is nou groot” en 10 sekondes later, “Kyk ouma nou’s ek weer klein”. Dis seker met al die gedraaiery dat die een skroef wat die kontrepsie aanmekaar hou, uitgeval het en verlore geraak het. Ek is ook heeltemal te aandag-afleibaar – ek dink by myself dat ek ‘n skroef moet gaan soek in die werkswinkel, maar het lankal eer daarvan vergeet sodra ek buite kom. Met die gevolg dat die spiëel maar so hinkepink hang en staangemaak moet word wanneer ek die dag probeer grimering aansit.

Gister toe ons my ma huis toe vat, na 2 maande se kuier, moet ek weer grimeer vir ‘n slag. Ek bekyk die spiëel so en dit laat my dink aan hoe ongemaklik dit so sonder die skroef is. En net daar besef ek dat ekself partykeer so los skroef het. Ek lyk nog ok, kan so hinkepink nog werk, maar die vreugde wat ek veroorsaak “werk” nie 100% nie. Eintlik is dit ‘n klein dingetjie wat my weer kan regmaak, iemand moet net die moeite doen om dit te vind (en nie vergeet op pad nie)

Ek gaan nou dadelik ‘n skroef en skroewedraaier gaan soek

7 thoughts on “‘n Los skroef

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s