Emmerskop lysie 11

Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …

Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …

https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.

Ruanda, Tanzanië en Gorillas in die mis lê veilig agter ons. Sonel is so besig met kinders en Amerika planne dat sy my gevra het om Trommeltjies te help met haar wenslysie. Natuurlik moes ek eers my bo- en onderklere was na die gorilla toer, so ek het ook maar lank gevat om die storie te kon skryf. Gelukkig het die paar dae se verposing ie goue vroue tyd gegee om tot verhaal te kom, ‘n paar wonde (emosioneel en fisies) kon genees, maar nou sien hulle uit na ‘n nuwe avontuur.

Trommeltjie vra vir

  1. Hang gliding
  2. Zipsliding

Nou ja Google vind totaal ander mening vir Hand Gliding (nota aan self – maak seker jy soek vir ‘n g en nie ‘n d nie) Blykbaar is hand gliding die aksie om jou hand by ‘n motorvenster uit te steek en ek is seker dat dit nie is at Trommeltjies in gedagte gehad het nie. Anyhoo, daai dun seiltjie wat my maak vlieg en bo hou, is een te veel vir my hoogtevrees, so Zipsliding sal dit wees.

Vir die wat nie weet nie, zipsliding is die Engels vir wat ons in ons kleintyd ‘n foefieslide genoem het. Daar is ‘n kabel, ‘n manier wat jy aan die kabel vashou of vasgemaak word en dan gly jy, gewoonlik van hoër na laer en op ‘n stadium stop jy en klim af. Dit kan nie te moeilik wees om te doen nie? Nou moet ons net besluit watter een van die zipslides om aan te durf, bly ons hier in ons eie land of gebruik vir Blitz om ons vêr weg te vat? Scrapy is ons Goue Vrou wat altyd kans sien vir uitdagings, sy self stel dan elke Maandag een vas. Sy het haar goue medalje gekry vir al die uitdagings waaraan sy deelneem. Sy sal weet. Saam raadpleeg ons die internet en natuurlik Red Bull Gives you wings, hulle het reeds die top 10 gelys op hulle webtuiste. Raai wat, een van Suid Afrika se ziplyne is nommer 2 op hulle lys.

Almal spring soos blits in Blitz in en daar gaan ons. Kort voor lank stop ons by Lost City en klouter uit. Una en Woordnoot oorreed ons om eers ‘n ietsie te drink by een van die vele restaurante, net vir so bietjie Dutch Courage. Cheers, klink dit van alle kante af op. Aalsie en Appeltjie het gou weggeglip om hulle geluk te gaan probeer op die masjiene en tannie Frannie is agterna om te sorg dat die geldkoffers ook darem vol bly. Toortsie is in die kombuis in om te gaan inspeksie doen en ook te reel dat ons almal aand-ete gaan kry na ons avontuur. Die res van ons sit rustig en teug aan ‘n glasie wyn of druiwesap vir die senuwees.

Die gholf-karretjie wag al vir ons, toe ons buite kom na ‘n uur of twee en gou klim ons in. Die arme drywer weet nie wat hom getref het met al die gebabbel in sy ore nie. Die vrouens raak stiller soos ons nader kom. Trommeltjies se oë rek toe sy hoor dat die ziplyn die langste en vinnigste ter wêreld is, met ‘n gemiddelde spoed van 160 km/u. Sy wonder of haar emmerskop-lysie nie gou verander moet word nie. Maar Goue Vroue het murg in hulle pype en senuwees van staal, so niemand sê hardop ‘n woord nie.

Daar gekom bekyk ons die trappies wat geklim moet word en wonder wat daarbo wag. Een vir een klim ons op die skaal en elkeen van ons is verbaas, Rebusfontein het gesord dat die van ons wat moet gewig verloor dit ongemerk gedoen het en die wat sukkel om gewig op te tel is wraggies ‘n bietjie swaarder. Nou moet ons besluit of ons alleen wil gaan of saam met ‘n ander Goue Vrou. Wanneer die harnas vasgemaak word, kyk ek na Trommeltjies, ek kan sien dat sy opgewonde is maar tog ook ‘n bietjie skrikkerig. My eie maag is in ‘n klein bolletjie getrek en ek is seker ek is bietjie groen om die kiewe.

‘n Vlerk word tussen ons voete vadgemaak om die spoed nog meer te maak en dan begin hulle tel….3…2…1…gaan…Die bol senuwees in my maag verdwyn eensklaps, die wêreld vou oop onder ons in ‘n malse skakering van groen en bruin. Die aarde en al sy probleme is agter gelos op die platvorm en ons vlieg. Vinniger en vinniger, tot die naderhand voel asof my wange op my agterkop vas is. Dis hoe ek vir altyd wil voel, vry soos ‘n voëltjie. Te vinnig is die 2km agter die rug en is ons weer op moeder aarde. Maar snaaks genoeg, die probleme van ons regte lewe het net daar op die platvorm gebly en kon ons nie vang nie. Weer, weer sê ons Goue Vrou maats, maar helaas dis tyd om te gaan kyk wat Lost City vir ons inhou. Al wat ek weet is Lost City sal nooit weer dieselfde wees nie.

3….2….1….gaan

Terwyl ons terugry, moet ek dink wat op my emmerskop-lys sal wees, so baie dinge wat daarop was, is in die afgelope week afgetik, ek kan net aan 2 dink:

  1. Ski in die Alpe
  2. Sien die aarde vanuit ‘n ruimtetuig

Scrapy sal vir seker een van die twee vir my waar kan maak

21 thoughts on “Emmerskop lysie 11

  1. Positief, jy en Trommeltjie het my nou iets laat doen wat g’n nêrens op enige begeertes in my lewe verskyn het nie! En…, I loved it!!! Ek kon vlieg!!! Wat ń absolute fantastiese ondervinding. Scrapy, ons goue vrou van uitdagings, dit klink SO reg.

    Liked by 2 people

  2. Oe, ek was skoon verskrik toe ek die spoed hoor, ry nie eens so vinnig met my kar nie. Ek sou die vlerke met alle mag wou afskop, maar daar wasnie tyd nie. En bang vrou kan ek ook nie tussen julle wees nie. Ek is so opgewonde ek kan nie wag nie. Scrapy is meer met ons. Dankie Positief.

    Liked by 1 person

  3. Dankie Positief dat jy niks voor die tyd van hoogtes gesê het nie anders het ek in n dobbelmasjien weg gaan kruip. Maar ek moes toe ook vlieg en wow…..dit was so lekker

    Liked by 1 person

  4. Heerlik is al way rk kan se. Nog nooit ge ge- foefieslide in my 75 jAr nie en wraggies daar doen ek dit toe saam met n klomp vroue wat geen bang haat op hul koppe het nie. Ek hou van daardie wange van jou wat so agter jou kop wegraak. Dankie positief dit was heerlik heerlik. Jou lysie is ook sommer n lekker maklike een vir my om te reel.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar