Alhoewel ons deesdae met die maan gepla is en gereelde ekskursies soontoe plaasvind om alles weer in perspektief te kan sien, is my skrywe vandag meer op dag-bedrywighede gefokus. Eloise het veroorsaak dat ons tipies Europese weer vir amper 3 weke beleef het. Natuurlik is ons dankbaar vir die reën, maar as ‘n kind van die ou Wes-Transvaal, is ek meer gewoond aan ‘n donderstorm as aan wolke en nou en dan reën. Met die instalasie van solar is ons ook afhanklik van die son vir ons krag en 3 weke het die generator bykans daagliks moes sorg dat ons nie uit krag uit hardloop nie.
Gister-oggend was die eerste wat ons kon opstaan met helder sonskyn wat ons begroet het en soos wat ek ewoonlik uitbundig in die reën dans, het ek lus gevoel om op die balkon uit te stap en uit volle bors te sing…..

Alhoewel ek vêr van enige strand af is, wou ek die son omhels en net sing.
Die laaste week was ‘n totaal ander liedjie in my kop:
Het julle geweet dat Anton Goosen hier in Hennopsrivier ‘n plot/plaas besit het? Dit is einde laas jaar (2020) eindelik verkoop, nadat hy die vir meer as 10 jaar uitverhuur het. Wat ‘n interessante man, bekend as die vader van Afrikaanse Rock. Hier is die link na Wikipedia, as jy meer oor hom wil lees: https://af.wikipedia.org/wiki/Anton_Goosen
In elk geval, welkom sonskyn en alhoewel dit huidiglik (alweer) bewolk is, mag ons asseblief ‘n klein bietjie meer van jou sien. (Veral deur die dag wanneer jy vir ons elektrisiteit moet maak)
Heerlik om jou weer bietjie te sien inloer en asemskep!
LikeLiked by 1 person
Hmm, stem saam, lekker om weer van jou te lees.
LikeLiked by 1 person
Ek het van dié een gehou “As die weer aanhou soos die laaste paar weke praat ons almal een van die dae met ‘n Britse aksent.” As jy nog Afrikaans praat is jy ok.
LikeLiked by 2 people
My seun het ook sonpanele op sy huis sedak. As die son skyn is hy gelukkig maar as dit so aanhoudend reën en bewolk is kla hy oor die krag wat hy gebruik(eintlik die wasmasjien en droër wat amper dag en nag loop) Anton Goosen is beslis n eienaardige karakter gewees. Ek hetsy Autobiografie gelees nou onlangs en my gate uit geniet om alles te lees want dis in die tyd wat ek self nog in die skool was en hy voorgehou is as iemand wat nie n baie goeie voorbeeld stel nie. Het mos jare naby Hennopstivier en Broederstroom Hartebeespoortdam gebly.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook soos jy gevoel toe die son weer oë wys!
LikeLiked by 1 person
Ja nee, jy het nog klein kindertjies in die huis, sou dink jy was bly dat hulle kon uitgaan
LikeLiked by 1 person