Kalender girlz in goud

Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan.

Vir ons, en dalk vir jou.

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Terwyl die mooie rokke op die draad droogword, moet almal vinnig sonneblomme gryp vir ons volgende kalenderfoto

Sonneblomme is so vrolik, nes ons klompie op Rebus, altyd tyd vir ‘n glimlag en ‘n grappie. Die kuises tussen ons staan maar liewer agter waar minder vel wys, terwyl die waaghalsiges sommer heel voor sit. Herken jy jouself op die foto? Is jy een van die skametjies of een van die stoutes? Elkeen moet maar self besluit.

Siende dat ek in April verjaar (volgend Una) is dit nou die tyd vir elke dame om ‘n April-fools grappie te vertel. Dit kan iets wees wat jy aangevang het of iets wat jy nog graag op 1 April wil aanvang om iemand ‘n poets te bak. Ek begin sommer: “Dit was my eerste werk en deel van my pligte was om koffie vir die baas te maak. Hy het sy koffie swart gedrink, so op 1 April is daar ‘n halwe bottel ink by sy koffie gesit. Toe hy so lekker groot sluk behaaglik wegslaan, het hy dit vrek vinnig uitgespoeg. Sy hele kantoor en hyself was vol ink gespat. Die joke was op my wat daardie dag heeldag kantoor moes skoonmaak. Mens kan amper nie glo dat so klein mannetjie so ver en baie kan spoeg nie”

April is die maand wanneer die kosmosse in luide perse en pienke wild langs die paaie blom en siende dat elke eettafel kan doen met ‘n blomme rangskikking, gaan ons leer om blomme reg in ‘n pot te sit. Soos meeste mense druk ek nog altyd net die blomme so in ‘n pot in en hoop dit lyk na iets, maar vandag gaan ons leer om dit behoorlik te doen.

Al die lieflike blommegeure en kleure helder ons Rebusfontein selfs meer op. Natuurlik is Aalsie en Appeltjie ou hande met blomme, Seegogga se kuns-agtergrond en Toorts se jarelange onthaal-ondervinding kom goed te pas. Hulle het gou verveeld geword met die basiese rangskikkings en hierdie meesterwerk opgetower

Scrapy, Woordnoot en San het die goud gebruik as inspirasie

Una, Christa, VirgoC en tannie Frannie het besluit om die kuns van Japanese rangskikking(Kado) te bemeester. Hulle was nog altyd ons reis-vriendinne

Trommeltjies, Sonèll en ekke het besluit om die sonneblomme te gebruik vir ons skepping

Goue Vroue kreatiwiteit op sy beste en dit is ook wat ons besonders maak. Elkeen uniek en anders maar tog ‘n groep.

Laat ek afsluit met nog ‘n April Fools grappie – Ek verjaar eintlik eers in Mei!!

10 thoughts on “Kalender girlz in goud

  1. Kyk net hoe vreeslik oulik is jy!!! Ek sit daar heel voor, hoor, net in blomme geklee, g’n niks skaamte nie. Nou leer ek nog blomme rangskik ook, wat ń fees. Jy helder Rebus vandag sommer op, Positief.

    Liked by 1 person

  2. Positief, my mamma het my geleer van driehoeke in rangskikkungs en ongelyje hieveekhede en nog n laaaaaaang lys andef reels. Wat maak ek? Prop in n pot, trek bietjie hier en daar en siedaar. Ek looooooove die sonneblomne

    Liked by 2 people

  3. Ek wou nog altyd blomme rangskik het….jy laat dit so maklik lyk!! Ek sien myself in daai prentjie. DAlk moet ons elkeen so nommertjie aantrek en pose, dan stel ons ons eie foto saam!

    Liked by 1 person

  4. Oulike blom storie, ek lief sonneblomme. Dankie dit dit my keuse was. Ons lyk so vrolik op die foto. Ek onthou een jaar het hulle oor die radio aan gekondig dat Michael Jackson die parlementsgebou in Kaapstad gekoop. Die mense was, om die minste te sê, woedend.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s