Stilte

Moeilik om te glo dat dit volgende Saterdag ‘n jaar is sedert inperking in Suid-Afrika amptelik afgeskop het. Iemand sê nouriedag dat hulle glad nie verstaan wat die “nuwe normaal” nou eintlik is nie, want alles gaan mos weer dieselfde wees as voor Covid, dis nou eendag. Ek was nogal verbaas oor die aanmerking want ek kan nie sien dat enigeiets ooit weer heeltemal dieselfde gaan wees nie. As ek net na myself kyk, werk ek nou vir ‘n hele jaar van die huis af, gaan net so af en toe kantoor toe as dit nie anders kan nie. My kantoor-pakkies en ordentlike klere hang nou al vir ‘n jaar vergete in ‘n kas want selfs wanneer ek die dag moet ingaan, trek ek aan vir gemak eerder as meer formeel, daar is minder mense wat my sien en face to face vergaderings is ‘n ding van die verlede. Selfs grimering is deesdae opsioneel, meeste van mens se gesig is in elk geval weggesteek agter ‘n masker. Op die stadium weet ek nie wat die maatskappy se post-Covid planne is nie, maar ek kan nogal dink dat ten minste ‘n deel van die kantoor-spasie opgegee sal word, siende dat almal redelik effektief van die huis af werk.

‘n Ander ding wat my Saterdag tref terwyl ons in die Spur is vir oudste kleinkind se verjaarsdag partytjie is die feit dat ek nie meer raserige byeenkomste met baie mense kan hanteer vir vreeslik lank nie. Nou al so gewoond aan totale stilte om my, kan ek net vir kort rukkies by die tafel sit en ‘n klomp kleuters se gskree en gejil uitstaan, dan moet ek eers onttrek (natuurlik met die verskoning om te gaan rook), maar eintlik vir ‘n bietjie vrede en stilte om my. Ek kan nogal nie sien dat dit ooit weer gaan verander nie.

Fisiese aanraking en daai familie-soene het my nog nooit eintlik aangestaan nie, so nou het ek ‘n verskoning om net hallo te sê sonder drukkies en soene. Kinders en veral kleinkinders word nou meer as ooit geliefie wat die gebrek aan “vreemde” aanraking baie goed vervang. Dit pas my soos ‘n handskoen.

Dae van die week vloei makliker ineen, daar is nie meer na-ure en naweke nie, êrens gaan die nuwe normaal ‘n meer definitiewe beskikbare tyd vir werk en speel moet definieer. Ek vind dat ek meer ure per dag werk aan werks-aangeleenthede, maar dat daar nie ‘n perk is op wanneer gewerk word nie, wat beteken dat ek baie nagte voor my rekenaar spandeer en dan in die dag doodmoeg is, maar nog steeds aangaan met werk. Ander dae doen ek persoonlike werk deur die dag en skeep weer my werk af. Dis nogal moeilik om te probeer tred hou met hoeveel ek nou eintlik gewerk het. Af-tyd is deesdae ‘n totale luuksheid en ek sukkel om af te skakel en net te ontspan. Natuurlik maak dit dat ek permanent doodmoeg is. Ek wonder of ander mense dit ook so beleef?

Laastens vind ek dat ek nooit meer weet wat in die wêreld aangaan nie, ons het mos al lankal nie meer DSTV nie en ek verkies stilte terwyl ek werk. Dit beteken dat die enigste nuus wat ek van weet, die nuusberig op die radio is, wanneer ek êrens heen moet ry of die nuus wat op facebook kom (waarna ek ook baie min kyk). Ek kry darem Daily Maveric in my epos, maar sal die hooftrekke so vinnig lees en net in ‘n berig ingaan wanneer dit baie interessant lyk. Voorheen het ek nogal geweet wat die nuutste musiek is en heelparty gunstelinge gehad, deesdae is elke lidjie wat op die radio speel vir my nuut. Stilte het definitief nadele ook.

Dan soek on die top 40 songs in Suid-afrika en daar is die weirdste musiek-videos en kunstenaars waarvan ek nog nooit gehoor het nie, darem herken ek vir Ed Sheraan, so ek kan ‘n video deel. Geniet die week:

9 thoughts on “Stilte

  1. Hoe het jy op die blognaam Positief besluit? Ek het op 57 afgetree… 14 maande nog gekonsulteer en toe daardie besige-rustigheid begin lewe. Ek skryf en geniet kuiermense maar nie te aanhoudend en te veel nie. Daar is, vroulief se woorde, nog te veel wat ek wil skryf en onsekere tyd oor (sy voel so oor die kwilts wat sy nog wil maak).
    Wat het jou laat besluit om DSTV te stop?

    Like

    1. So baie vrae…. Positief – Ek is van nature iemand wat die glas as halfvol sien, groot skok toe ek uitvind my partner is HIV positief, was nogal moeilik om nog steeds positief te bly, so die naam het 2 kante. DSTV stop vir my het gebeur toe ons saam intrek, hy het nog steeds DSTV gehad maar dit was net soveel moeite om iemand by die plot te probeer kry om die dish te koppel. 6 maande geen tv kyk nie en toe besluit om eerder te Netflixs

      Liked by 1 person

  2. Ek stem saam dat normaal nooit weer gaan wees soos ons geleef het nie. Ek het nog nooit van baie groot kuiers gehou nie, maar dis deesdae lekker om klein intieme kuiers te hê. DIe Oom lees vir my die nuus, ten spyte van die feit dat ek nog daagliks ry…ek luister net nie meer na die radio nie. Kan alles is een jaar so verander het?

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s