Phew!…..

Waarom ek altyd die goed aanpak weet nugter alleen en altyd die heel moeilikste wat gesoute DIY’ers nie eers wil doen nie. Ek het besluit om my kombuiskaste te verf, maar laat ek by die begin begin……

Ek het voorheen al geskryf dat my sussie na Jeffreysbaai getrek het. In haar tuin was 2 wendy-huise, 1 staal huis (werkswinkel / enkel garage grootte) en 3 afdakke. Hulle wou niks daarvan saam-trek nie en ek het dit alles by haar oorgekoop. Een van die afdakke is na oudste dogter en die res is alles op die plot staangemaak. Die 3×3 wendy word vir hoender-kos en gras vir die bokke gebruik, die staalhuis gaan een van die dae deur kuikentjies beset word, die dubbel afdak is die nuwe tuiste vir die sleepwaens. Die groot wendy, 4x7m, is in die tuin staangemaak. Ek wou dit eers as ‘n addisionele spaarkamer gebruik, maar het toe besluit om dit gemeubileerd uit te verhuur.

So het ek begin meubels koop vir die wendy en omdat ek ‘n regte Jood is, koop ek alles tweedehands, wat natuurlik beteken niks pas lekker bymekaar nie. Ek bedink ‘n plan en besluit dat ek verf gaan koop en al die meubels min of meer dieselfde kleur (grys) gaan verf. In my gekopery (Grim noem my die queen of Facebook Marketplace), kom ek af op 10 kombuiskasdeure uit hout gemaak wat iemand teen R500 verkoop. 10 Kasdeure is hopeloos te veel vir die arme Wendy, maar ek kon dit net nie laat verbygaan nie. Ek bekyk my eie kombuis en besluit net daar dat ek nog kaste nodig het. Een van ons vriende maak Lotters pine se meubels en hy maak toe vir my 6 nuwe kaste en sit 6 van die deure daaraan. Die deure was donkergrys geverf en my huidige kaste was donkerbruin. Ek hou so baie van grys maar al die teels is bruin en die vloer so beigerig, so grys gaan nie werk nie.

Video na video word gekyk en op ‘n Saterdag ry ek Randfotein toe en gaan koop Tjhoko-verf. Genoeg grys vir die wendy meubels en wit vir my kombuis. Daar gekom is daar die mooiste stensil van ‘n windpomp en daar en dan besluit ek, windpompe gaan op die kas-deure gestensil word met ‘n paris-verf. Die stensil staan uit en dan sit mens ‘n antique seëllaar om dit wat dit ‘n verouderde voorkoms gee. Verlede Donderdag was dit sulke tyd, kaste se inhoud staan rond op die middel-eiland en kas-deure word afgehaal

Mens kan nie wit direk op donkerbruin verf nie, so die kaste moes eers liggrys geverf word, 2 lae liggrys word Donderdag opgeverf. Vrydag is my rug so seer dat ek nie eers kan loop nie, so ek vra die werkers om vir my die wit oor te sit. Was so ‘n gemors dat ek oorgeneem het een uur en Vrydag-aand nog minder kon loop. Saterdag was die kleinkinders hier, so ek kon nie verf nie. Sondag het ek begin om die stensils op die kaste te sit. Maandag het ek die bruin op die stensils geverf en die kas-deure geseël. Dinsdag het ek die boonste kassies se stensils opgesit, bruin opgesit en geseël. Gister is al die kaste teruggesit en handvatsels op gesit en vanoggend is alles terug gepak. Uiteindelik kon ek fotos neem.

Ek is vrek trots op my handewerk, maar sal nooit in der ewigheid weer so iets aanpak nie.

14 thoughts on “Phew!…..

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s