Huil en lag

Una het dit begin …

En Woordnoot het aangegaan … en hier gaan ons al weer op ‘n nuwe avontuur!

Woordnoot het met haar kers-verjaardagpartytjie vir ons elkeen ‘n pakkie in die hand gegee en ons saamgenooi na ‘n Learjet wat saggies op Rebusfontein kom land het en ons voor hierdie lieflike kasteel kom neersit het. In ons pakkies was daar vir elkeen ‘n sleutel …

Lees van elke sleutel hier https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871

Besig, besig besig, altyd te besig, amper mis ek my sitplek op die Learjet, sommer verlore slaap ook ingehaal tydens die vlug. Natuurlik is die gevolg dat ek die hele bus gemis het. Met ‘n pakkie in my hand word ek wakker en die res is weg….nou wat nou? Ek is hopeloos te nuuskierig, so ek maak die pakkie oop, binne in is ‘n sleutel en voor my ‘n kasteel. Dit kan net een ding beteken, die sleutel moet ‘n deur oopsluit.

Die voordeur is reeds oop, hierdie Goue Vroue moes haastig wees, dink ek. Binne gekom sie ek die prag en praal, maar die sleutel in my hand is selfs meer interessant. Een na die ander deur word probeer, maar bly gesluit. Ek luister met my oor teen elkeen, die eerste hoor ek musiek speel, dit klink soos ‘n bal, ek hoor ‘n mansstem iets sê van elke Goue Vrou se sleutel sluit ‘n kamer oop spesiaal vir haar. Die tweede deur se stemme gons, klomp vrouens klink asof hulle gelyk praat, by die derde hoor ek net voëltjies en iemand saggies snork. Die ander deure is stil, hulle stories moet nog vertel word, maar my sleutel eier om hulle oop te sluit. Ek stap verder en verder in die gang af, dalk het die sleutel ‘n vervaltyd en ek het my kans gemis om ‘n deur te kon oopsluit?

Ek stap teen die trap op en heel bo in die toring is daar ‘n deur. Moed opgee is nie een van die goed wat ek sommer doen nie, so ek pas die sleutel in en wraggies die slot knars oop…..

Voor my is ‘n kamer, maar dis dolleeg, daar is niks soos in absoluut niks te siene nie. Nou ja, dis dan nou maar so, die koning het dan sekerlik geweet dat my kamer leeg moes wees en nou moet ek 8 ure hier bly, die deur het sommer vanself toegeswaai. In ‘n hoek sit ek op die grond en die trane kom sommer so vanself (soos dit deesdae meer en meer gebeur) Ek probeer hulle nie eers terughou of afvee nie, hulle plons vet op die grons soos reëndruppels.

Met elke traan wat val, verander die traan in iets. Daar lê fotos van my kinders en kleinkinders, ‘n ou trui wat ek lief om te dra, tot ‘n paar dae ou boklammetjie. Hoe meer ek huil, hoe meer word die kamer vol goed wat ek voor lief is. Ek hou op met huil en ‘n glimlag breek deur. Toe die lammetjie opspring en begin dans, kan ek nie help om hardop te lag nie.

Die vreemsmdste ding gebeur, selfs meer van die goed waarvan ek hou begin verskyn wanneer ek lag. ‘n Paar boeke wat ek nog graag wil lees, die halfvoltooide hekelwerk waarby ek nie uitkom nie, ja tot die werksrekenaar met alles wat al gister gedoen moes wees. En ek lag en lag, skielik het ek die boeke klaar gelees die hekelwerk is klaar en die werk ook. Hier wil ek vir ewig bly, ek kan net lag en lag en goed word gedoen. Die boklammetjie is skielik ‘n sterk lammetjie en die fotos van my kleinkinders het nou tieners op.

Ag nee, hoe lank was ek in die kamer? 8 ure, 8 dae of 8 jaar? Paniekerig kyk ek na die deur, hier moet ek uit, vinnig ook, wie weet wat anderkant die deur wag? Hoeveel jare het verbygegaan terwyl ek huil en lag?

12 thoughts on “Huil en lag

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s