Om te hoener

Vir die laaste jaar, sedert die inperking begin het, broei ek elke 3 weke ‘n paar kuikens uit. Die broeimasjien het vir so rukkie nie gewerk nie en die laaste klompie eiers wat ek ingesit het, het net glad nie uitgebroei nie. Die vorige bondel het net een enkele kuiken opgelewer.

Met die dat hulle in my kantoor aangehou word, sien ek die kuikens meer as wat ek sou indien die henne hulle self uitgebroei het. Nou die laaste kuiken, of soos ek hom noem – Arme Wesie, is vrek snaaks. Van almal, skree hy die heel hardste, dit kan dalk iets daarmee te doen hê dat ek hom vir ‘n week elke aand teruggesit het in die broeikas vir bietjie hitte. Gewoonlik sal die klomp kuikens in ‘n hoek slaap en mekaar warm hou.

In die laaste tyd het ek al ‘n paar keer amper ‘n hartaanval gekry oor Arme Wesie. Hy sit deur die dag buite in sy hokkie, vir bietjie vars lug en son en ook omdat die gerasery nogal steurend is wanneer ek probeer vergaderings hou. Hoenders lê mos so met hulle voete onder hulle ingetrek, maar nie die een nie, hy skop sy voete skuins langs hom uit en lê op sy sy. Dan dink ek elke keer hy is dood, maar hy spring soos blits op wanneer hy my sien nader stap.

Ek het besluit dat Arme Wesie so snaaks lê omdat hy nie weet joe om te hoener nie, hy het dan nog nooit ‘n ander hoender gesien nie, hoe dan nou anders.

En dit bring my dan by die punt van die blog uit. Hoe gaan mense leer wat is sosiaal aanvaarbaar as hulle nie leer om te mens nie. Die enigste manier om te leer is deur na ander mense te kyk, verkieslik van dieselfde ouderdom en kultuur en dan uit jou eie verwysingsraamwerk te besluit wat is goeie en minder goeie gedrag. Daarna kan jy jouself daaraan meet en sal jou optrede mettertyd verander. Die hele siklus is ook nie ‘n oornag-proses nie, maar word oor jare aangeleer Die probleem is met Covid sien ons nie meer mense nie, ons hou ons kinders weg van ander kinders af en aanvaarbare gedrag het in die afgelope jaar drasties verander.

Ons gaan almal van vooraf moet leer hoe om te hoener.

Arme Wesie is nou 5 weke oud, natuurlik kan ek nie ‘n foto neem van sy sy-lêery nie

16 thoughts on “Om te hoener

  1. Dis oulik gestel, Positief, en inderdaad ja, ons leer eintlik maar by ons medemens wat sosiaal aanvaarbare gedrag is. Dis terselfdertyd ook ń ‘scary’ gedagte, veral in ons land.

    Liked by 2 people

  2. Dis baie waar, as jy nie saam anner hoeners grootword nie sal jy beslis ander maniere gebruik om dinge te doen. Ek sien met Trompie is dit ook so. Sekere honde dinge weet hy nie van nie omdat hy nooit daarvan geleer het by sy boeties en sussies nie. Nou probeer ek as mens my bes om hom menslike dinge te leer wat nie altyd n sukses is nie. Ou wesie sien dan jy sit met bene uitgestrek , niu moet hy mos dit ook doen dan nie?

    Liked by 1 person

  3. Positief, dit is ‘n wonderlike skryf en vergelyking die. Ek verpes dat “hulle” finally mense gekry het om mekaar te vrees. Ons moet totaal voor begin “hoender”, dalk in meer maniere as een. En soos Wesie, moet ons begin vertrou en leef. Dankie vir die awesome skrywe,xx

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s