My beurt?

Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf.  Ons is geanker in die werklikheid, maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer.  “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt.  Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.

Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).

Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352

Nadat ek die praatstok uit Seegogga se hande moes neem met meer as net ‘n bietjie geweld, is dit eindelik my beurt. Nou asit ek met die beeldjie in my hande en ek weet nie wat om te sê nie. Sal ek praat oor goeters wat my pla? Sal ek praat oor hoe die Goue Vroue my telkemale inspireer? Nee wat ek doen beide mos gereeld. My vingers streel oor die houtbeeldjie in my hand vir inspirasie.

Ek draai hom op sy kop om die sand te laat loop want net soos Seegogga wil hy nie die uurglas los nie en soos die sand val begin die korrels in my brein loskom en die boek in sy hand gaan oop. Die beeldjie het sy eie storie wat vertel moet word.

Vandat ek ‘n kind was, wou ek nog altyd ‘n verskil in die wêreld maak. Slim was ek nooit, mooi ook nie, so hoe maak ek ‘n verskil? Vir jare bly ek eerder stil as om nonsens te praat, met die gevolg dat ek met my boek rondloop en eerder skryf wat ek sien as om iets te sê. My boek raak voller en voller van mense stories, mense wat hulleself meer ag as wat hulle eintlik is, mense wat op ander mense trap omdat hulle kan, mense wat ander blameer vir die goed wat hulle doen. Vandag is die wêreld op sy kop gedraai en ek ook, my boek gaan oop en ‘n video begin speel:

Genoeg is genoeg. Mens dink altyd legacy moet iets “groot” wees, maar dit hoef nie, regtig nie, vir my is een van die baie waarhede in die stuk, “Daar is 2 oomblikke in jou lewe, jou geboorte en die dag wanneer jy verstaan hoekom jy gebore is…” Wat is my doel hier op aarde?

Wat is joune?

Carien, die praatstok mannetjie is joune

15 thoughts on “My beurt?

  1. Ek kon nou eers die video kyk, daarom dat ek nou eers antwoord. Al wat ek kan skree, is JAAAA! Ja! Ja vir opstaan teen dit wat verkeerd is, selfs al hou hulle nie daarvan nie. Ja! vir voluit leef. Ja! vir waag!
    Dankie vir hierdie wonderlike boodskap van jou.

    Liked by 1 person

    1. Soms snaaks hoe dinge gebeur, ek het laas week ‘n werksberaad bygewoon, waar ek besef het mens weet soveel goed, maar so nou en dan moet mens stilstaan en weer herriner word en vanoggend toe ek begin skryf toe sien ek toevallig die video op Linkedin (ek was maande laas op die program), laat mens wonder oor toevallig

      Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s