Drieling

Ons sit rustig en gesels, Sonell en ek. Op ‘n stadium vra sy my waar ek vandaan kom en ek sê dat ek in Stilfontein groot geword het. Haar kop draai skuins asof sy diep dink. Soos gewoonlik begin ek sê “Stilfontein, so 10 km voor Klerksdorp op die Potch pad”, maar haar kop is steeds skuins gedraai. Sy huiwer effens, voor sy vertel: “My ma het vir my vertel van ‘n vrou wat in Stilfontein gebly het en selfs vir my ‘n foto gewys.”

Vinnig staan sy op en haal ‘n foto uit ‘n laai uit. Sonder om vir my die foto te wys vertel sy verder. Haar ma het gesê dat die vrou ‘n drieling gehad het, saam met haar ander 3 kinders, dus 6 kinders. Daar was baie koerantberigte oor die drieling se dood, maar niemand kon ooit bewys wat gebeur het nie. Die vrou het eendag langs die ma by die treinstasie gesit met haar 3 kinders en hulle het begin gesels.

Die hartseer in die vrou se oë het haar ma vir jare bygebly, soveel so dat sy die foto waar hulle en die 3 kinders op die treinbankie sit (haar man het dit geneem voor sy op die trein geklim het), nog altyd bêre. Sonell wys vir my die foto en daar sit my ma, ek, my boetie en sussie saam met ‘n vreemde vrou.

Die vrae dwarrel deur my kop, ek is stomgeslaan. Ek gee nie eers vir Sonell kans om haar koffie klaar te drink nie toe spring ek in my kar. Ek is glad nie seker hoe ek by die huis gekom het nie.

‘n Drieling? Niemand het nog ooit iets daaroor gesê nie. Met bewende vingers bel ek my ma, sy antwoord nie.

So week terug het ek wakker geword van die droom. Ek onthou nooit drome nie en moes dit kom neerskryf.

9 thoughts on “Drieling

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s