Die Deur

Lees al die avonture hier: https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

“Una! Nee man, jy weet mos ek is nie so heeltemal vas op my voete nie, om sommerso vorentoe gestamp te word….” Ek kyk om en al die Goue Vroue staan agter my, wat ek nie kan sien nie is die deur waardeur ons nou net gekom het, dis net bome en bosse. My mond gaan oop om te vra waarheen die deur verdwyn het, maar die vraag verander in ‘n kreet. “Pasop julle!!!” en ek duik af, terwyl ek ‘n hele paar vroue aan hulle skouers saamsleep. Die res sien ook wat aangaan en duik grond toe. Gelukkig is olifante se oë maar sleg, so hulle storm minder as ‘n meter van ons af verby. Die dreuning van hulle voete het skaars vervaag, toe klink die bos met dum-dum-da-dum-dam, dum-dam, dum-dam…….. Dromme in die Afrika bos? Wat gaan hier aan?

Ek kyk af en die eerste wat ek sien is dat ons almal Safari-pakkies aanhet, die Amerikaanse weergawe natuurlik:

Op ons hakskoentjies is dit nogal moeilik, maar ons volg die klank van die dromme. ‘n Ent verder sien ons ‘n man sit, toe hy sy kop lig, lyk hy nogal na Robin Williams. Waddehel. Ons stap nader, hy wys vir ons met sy vinger op sy mond om stil te bly en te sit. Voor elke boomstomp lê daar darem ‘n paar vellies wat elke Goue Vrou met ‘n slaak van verligting aantrek. Met beter skoene aan, voel ons ook sommer beter en wag dat Robin (dis toe wrintiewaar hy), ons vertel wat aangaan.

Hy begin praat in ‘n fluisterstem en ons almal skuif bietjie nader. “Daar is hierdie bord-speletjie, een van julle het dit gespeel?” Ons kyk almal na mekaar, huiwerig sê ek, “Nee Robin, laas het ons nog ‘n praatstok-mannetjie vasgehou, Una het laaste gepraat…” Ja, sê hy, dis daai mannetjie, hy is deel van die bordspel, dis hy wat skuif. Ons kyk af en voor hom staan ‘n groot bord, met ons praatstok-mannetjie daarop.

Op die kante van die speletjie staan geskryf:

Jumanji, ‘n spel vir die wat soek om te vind, ‘n manier om hulle wêreld te verlaat. Jy rol die steen om jou teken te skuif. Dubbels kry nog ‘n beurt. Die eerste speler om die einde te bereik wen. Op die ander kant: Avontuurlustiges pasop. Moenie begin tensy jy beplan om klaar te maak. Die opwindende gevolge van die speletjie sal eers verdwyn wanneer ‘n speler Jumanji bereik en die naam uitroep.

Maar niemand het ‘n dobbelsteen gegooi nie, hoe het ons in hierdie speletjie beland? Robin kyk van die een na die ander, “Wie het die mannetjie opgetel?” Ons almal kyk na Aalsie se kant toe. “Nou ja, dan het sy dit begin en julle moet dit klaarmaak.” Maar hoe werk dit?, vra almal gelyk. “Die olifante wat julle gesien storm het, het uit Jumanji land uitgekom omdat julle die deur oopgemaak het, hulle is nou in die plek waarvandaan julle gekom het.” Sonell fluister, “Hulle is in Rebusfontein? Wat gaan van ons pragtige dorp oorbly?” Christa vra: “Hoe kry ons hulle daar weg? Ons moet ‘n Kersfees in Julie in Rebus gaan beleef.”

Het julle nie gelees nie? Ons moet die speletjie klaar speel en by Jumanji uitkom, dis die enigste manier om hulle te laat verdwyn. Die vinnigste manier is om dubbels te gooi want dan kry ons nog ‘n beurt. Seegogga tel die dobbelstene op en gooi…………

27 thoughts on “Die Deur

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s