Om te jab of nie te jab nie

Die druk om die entstof te vat vir Covid raak al hoe meer, vriende gaan vir die jab, die maatskappy het ‘n hele “drive” vir almal om ingeënt te word, elke advertensie op vleisboek vertel vir ons om te ent. My persoonlike gevoel is dat ek nie seker is of die entstof genoegsaam getoets is nie, veral nie die langtermyn gevolge nie. Geensins is ek een van die mense wat totaal en al teen inenting is nie, ek het my eie kinders gevat om hulle immuniserings te kry, sonder om twee keer daaroor te dink. Ook is ek nie ‘n conspirary theory aanhanger nie, feite is dat iemand geld maak uit die entstof uit, soos met alles. Ek koop elke dag brood en melk en iemand maak geld daaruit, so wat is verskillend met die entstof?

Die hele Covid-ding was net vir my van die begin af suspect. Waar kom die virus vandaan en wat het gemaak dat die hele wêeld gaan stilstaan het. Soveel lewens en inkomstes is verwoes. Ja die virus bestaan en is vernietigend, daar is geen twyfel daaroor nie, maar hoe het dit in die eerste plek gebeur? Daai vraag is nog nie beantwoord nie.

Elke mens kan mos hulle eie keuses maak, of nie? Alreeds is daar inkopiesentrums in Europa wat slegs mense wat kan bewys dat hulle ingeent is daar toelaat. Kort voor lank gaan dit die geval wees vir alles en oral, as jy nie ingeënt is nie, sal jy vir seker nie kan reis nie, nie kan inkopies doen nie, nie na enige groot byeenkoms kan gaan nie. Op die ou uit einde beteken dit dat mens geen keuse gaan hê anders as om wel geënt te word nie. En juis daarin lê my probleem. Elke mens het ‘n keuse, maar nie regtig nie.

11 thoughts on “Om te jab of nie te jab nie

  1. Positief, my sentiment ook. Die entstof is nie genoegsaam getoets nie, maatskappye maak geld en ons sal eers later weet wat die gevolge van die entstof op mense was. Ek sien dat 14% van die mense wat aan ‘n aanlyn vraelys deelgeneem het, iemand ken wat ingeënt is – en doodgegaan het. Daar is geen waarborg dat dit mens gaan beskerm nie … en verder gaan daar dan jaarliks geënt moet word vir nuwe stringe of wat hulle dit ookal noem. Wat gaan met mense gebeur wat mense gedwing het om geënt te word – en toe gaan hulle daarvan dood? Is dit moreel reg om mense te dwing. Kyk, dit is ‘n slegte siekte, ek en manlief is nou daardeur, amper heeltemal. En ek was werklik hondsiek. Twee jaar gelede sou dit erge griep gewees het, daar sou nie vrees oor bloedklonte en goed gewees het nie. Nou is mens angstig.

    Liked by 1 person

  2. Ek was 100 persent oortuig ek sal nie dit vat nie….maar my werk tussen en met mense wat siek is moes ek mooi dink. Ons pasiente is meesal ouer mense. Het ek die regte ding gedoen?? Sal mens ooit weet…..???

    Liked by 1 person

  3. Hoe het ek hierdie blog van jou gemis? Ek voel 100% soos jy. Die nuutste wat ek al hoe meer op die radio hoor: Sal jy mense in jou huis toelaat wat nie geënt is nie. Nouja as jy geënt is, is jy mos veronderstel om ‘beskerm’ te wees, hoekom dan worrie of die gas geënt is of nie. As jy nie seker is of jy wel beskerm is nadat jy geënt is nie, dan wonder ek nog MEER hieroor. Soos jy sê, mens het kamtig ‘n keuse, maar het jy?

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s