My beurt

Ek is mal oor houtvloere, met die gevolg dat ek super in my skik was dat die boonste vloer van ons nuwe huis houtvloere het. Dit was net toe ons die huis gesien het en besluit het om te koop, dus November 2018. Opvolgbesoeke om die werking van die huis uit te klaar het meestal in die eetkamer gebeur. Die vorige eienaars het uitgetrek 2 dae voor ons meubels sou intrek, so dit was die ideale tyd om die 2 mure in die 1 spaarkamer, wat pienk geverf was, dieselfde te verf as die res van die huis. Natuurlik het ‘n paar verfspatsels op die houtvloer geval en ek het toe nader kennis gemaak met die vloer. Met al die meubels verwyder, kon ons duidelik sien dat hierdie ‘n selfdoen joppie was, groot gapings tussen party van die houtplanke het vir ons geloer. Onder die gapings het daar mat uitgesteek. Waddehel, wie sit hout bo-oor matte en nogal wit matte daarby.

Die gapings kon nie net toegemaak word, sonder om die hele vloer uit te haal nie. Vloer uithaal sou beteken dat sommige van die hout sou breek, wat dan sou beteken dat mens dieselfde hout êrens moes probeer kry. Die datum 16 Desember 2018, meeste Valies is by die see en besighede toe of sonder voorraad. Volgende dag kom meubels, so ons is uit tyd uit. Op die einde is vloere net so gelos en ons het ingetrek.

Dis 2 en ‘n half jaar later, ons het ‘n klomp goed op die plot gedoen. Nuwe geboue, verbeteringe, halfvoltooide projekte klaargemaak, maar steeds het ons houtvloere met matte onder dit. Eergister het ek die bouers laat stop met waarmee hulle besig was en die houtvloere en matte is uitgeruk uit die 2 spaarkamers bo. Vandag gooi hulle nog sement oor die sementvloer wat onder die mat was en daarna gaan ons stensil en polish tot ons arms moeg is. Die res van die boonste verdieping gaan volg. Dis uiteindelik my beurt om die seer oog van houtvloere te vervang met sement. Hopelik werk dit en as dit nie werk nie, sal ons uitkap en teëls insit. Hou duime en groottone vas, hier kom ‘n ding.

13 thoughts on “My beurt

    1. So in een hoek is daar toe vanoggend met die rooi oksied poeier kolle gemaak, nes ek dit wou hê. Toe ek die vreeslike rooigeid sien, moes dit summier weer toegeplak word, so ons sal maar moet sien hoe dit gaan lyk op die einde. Sal kom fotos pos

      Liked by 1 person

  1. Ek is opgewonde om te sien hoe die eindproduk gaan lyk, Positief!!! Onthou jy vir Ekmyselff, die blogger? Sy vra baie na jou uit. Ek dink ons het op ń stadium daar by my winkel saamgekuier.

    Liked by 2 people

    1. Dit voel asof dit al is wat ons doen, werk aan die plot. Wat oorspronklik ‘n lifestyle tuiste moes wees het ons hele lewe oorgevat. Ek is bly jy is terug, jy gaan moet skryf oor waar in die wêreld julle nou is en besig is om aan te vang, hoor

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s