Daai laaste boks

Ek weet nie of dit met almal so is nie, maar nog elke keer wat ek getrek het, werk ek my oor ‘n mik om bokse uit te pak. Teen die aand is daar altyd nog een boks oor, vir verskeie redes, soos ek kon nie lekker ‘n plek kry vir die goed nie of ek is so moeg dat ek nie kans sien vir nog ‘n boks nie. Die boks word dan altyd in die middel van die kamer waar dit uitgepak gaan word, gelos. Natuurlik moet dit oop wees, sodat ek presies kan weet (of onthou) wat daarin is. Kom die volgende dag, raak ek besig met iets anders en teen die aand loer die boks steeds vir my. Na ‘n week van om die boks loop, word hy toegemaak sodat hy minder beskuldigend lyk en na nog ‘n week word hy geskuif na ‘n minder opsigtelike plek toe. Nog later vind daai selfde boks ‘n plekkie in die garage of hoog in ‘n kas. Jare later word die boks afgestof, gewoonlik omdat ek vaagweg onthou dat die item wat ek soek, dalk daarin mag wees. Soms is dit dan wanneer die res van die goed uitgepak word, maar meestal gaan die boks net so terug na sy “plek” in die garage of kas.

Nou wonder almal wanneer ek dan nou getrek het en nee ek het nie, maar die vloere-oefening was naby daaraan. En my laaste boks was ‘n blinder (of is dit blinding?) of ‘n “blind” in Engels.

Wat as houtvloere uitruk begin het, het ontaard in ‘n amper trekkery. Die meubels moes uit elke kamer geskuif word en met die meubels uit, kon mens die gebreke in elke vertrek al te goed raaksien. Vloerlyste was halfpad wit geverf en die ander helfte die kleur van die mure, verfkolle op die plafonne, gate in die mure en en en. Dit het beteken dat nie net moet die vloere oorgedoen word nie, maar die mure en plafonne moet reggemaak en oor geverf word. Dit is ook die perfekte tyd om al die gordyne en blinders af te haal en te was. Die blinder in ons badkamer was een van hulle maar natuurlik toe ons hom afhaal was die toutjie gebreek, so ons kon hom nie net so terugsit nie. Grim het gaan tou koop, te dik. Hy vat toe ‘n stukkie saam om die regte tou te kry, maar ek was in die omgewing en koop toe sommer tou, weer te dik. Uiteindelik het ons Saterdag die regte tou gekoop en die blinder is vandag terug gesit.

Nou is ons behoorlik teruggetrek en daai laaste boks uitgepak en kan ek kom fotos wys:

Hoe ons vir 2 en ‘n half jaar geleef het met al die stof vasgevang tussen houtvloere en matte of nog hout gaan my verstand te bowe. Geen wonder ons het gereeld sinusprobleme gehad nie. In elk geval, die storie sou nie kompleet wees sonder ‘n foto van my laaste boks nie, so hier is hy:

10 thoughts on “Daai laaste boks

  1. Sjoe Positief!!!! Dit lyk ongelooflik mooi! En tien uit tien vir jou dat jy heel deur dit gekom het…hulle sê mos dat as ‘n verhouding n bouery kan deurstaan, hou dit vir altyd. Dis baie mooi!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s