Ruimte kaskenades

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Woordnoot se oë kan darem beweeg, alhoewel die res van haar lyf nog half gevries is. In haar oë sien Una en Toortsie die paniek duidelik. Hulle kyk om hulle rond, alles lyk blink en nuut, daar is geen siel in sig nie. Genadiglik ontdooi Woordnoot sommer vinnig en die drie verlore Goue Vroue kyk na mekaar. “Watter knoppie is nou weer die Telepatie ene?” vra Toorts, Woordnoot het die hele knoppie-episode gemis en Una is tegnologies geremd, so niemand weet nie. Daar is so baie knoppies, dat hulle besluit om liewer net die lazergewere byderhand te hou en die res later te probeer ontrafel.

Ondertussen heers paniek in die GVVP, almal praat gelyk, terwyl tannie Frannie uit pure senuweeagtigheid die verdwyn/verskyn knoppie aanhoudend druk, mens kan nie help om seesiek te word wanneer jy na haar kyk nie. VirgoC druk-druk aan die knoppie langs haar oor en prewel aanhoudend, maar die boodskappe gaan nie deur na die 3 verlorenes toe nie. Sonell staan nog met die haardroër in die hand. Eindelik maak Appeltjie haar stem hoorbaar bo die res: “Julle, julle, kalmeer tog net. Almal los asb die knoppies uit sodat ons kan dink. Het iemand gesien in watter rigting die grys vliëende piering verdwyn het?”. Seegogga kry ook haar stem terug, “Ouens ons het nie nodig om te probeer om hulle te volg nie, daar is GPS in hulle ruimtepak, al wat ons moet doen is om die koördinate in die GVVP se rekenaar in te sleutel en ons sal hulle maklik kry. Christa ken van reis en GPS’e, so sy vind Toortsie se koördinate en sleutel dit in. Trommeltjies druk die groen knoppie en daar gaan die GVVP.

“Ons land, ons land”, skree Una. “En ons het nog geen alien gesien nie”, haak Toorts af. Die deur gaan oop en die drie kyk bang na mekaar. “Waar op aarde……, ek bedoel waar in die ruimte is ons?”, dis Woordnoot wat bewerig praat. Die drie klim huiwerig uit die vlieënde piering uit, dit lyk soos ‘n groot partytjie wat aan die gang is, met verskeie vreemde wesens wat danspassies uitvoer. Una geniet mos ‘n nuwe dans en wil sommer dadelik leer om die danse te doen.

Skielik hou die musiek om en al die vreemde wesens draai soos een man om en kyk na die drie Goue Vroue. Vriend of vyand? Sal die ander Goue Vroue ook daar uitkom? Appeltjie sal verder vertel

23 thoughts on “Ruimte kaskenades

  1. Ag nee Seegogga…eers vries ek my alie af en nou word ek Alien kos….almal haat my! EK gaan nou wurms eet…of nee! Net nie wurms nie….ek was mos nouself vir ‘n wyle een!

    Liked by 1 person

  2. Ek lag so ek amper verstik toe ek daai 1 e mannetjie kyk en dink …hmmmm en my ousus wil dit doen. Mense, ek hoop daar is Sambuca oppi skip of my heupe staan stl. Soos Trommetjies sê ek iets tussen die half Arabiese/ Insiese oase en die 1 e Ratsta man. Omw ek het gelag, Positief jy is awesome!! Julle 3 beter lywe skud en klaar💃💃💃👽

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s