Ek wil soos sy wees

Siende dat ons vier was, siende dat ons almal uit verskillende generasies kom, ek in my veertigs (net-net), Woestynkind in haar vyftigs, Una in haar sestigs en tannie Frannie in haar sewentigs, het ek baie om na te streef.

Ek wil soos Woestynkind wees, lief vir die natuur, kan stap vir myle, neem die beste fotos onder die son. Maar ek wil ook bietjie van haar persoonlikheid hê, sy is deur diep waters, maar onwrikbaar in haar geloof in ons Vader, sy skroom nie om haar sê te sê nie, maar nooit om seer te maak nie. Haar ongelooflike liefde vir haar kinders, maar ook haar gewillendheid om op te staan vir wat reg is, maak van haar ‘n persoon wat ek hoop om altyd aan my kant te hê.

Ek wil soos Una wees, sy probeer so hard om nee te sê, maar voor sy haar kan kry het haar omgee-hart reeds ja gesê. Sy sal haar laaste sent geld gee om iemand anders te help. Sy weet hoe om ‘n partytjie te hou al is dit net 4 vrouens en selfs haar “bad” fotos is so mooi dat dit nie op die internet gelos kan word nie. Ek sal oorlog toe kan gaan saam met haar.

Ek wil soos tannie Frannie wees. ‘n Fyne dame wat met ‘n vonkel in haar oog die dag aandurf. Sy skroom nie om teen die meerderheid te gaan nie, op te kom vir iemand wat volgens die ander dit nie verdien nie. Sy sien net die mooi in alle mense raak. Ek hoop ons kan vir ewig vriende bly.

Ek wil soos ek wees. Iemand wat kan grawe en ‘n plan beraam, wat net soms in die kleinste manier vir ander kan help. Daai een wat luiddrugtig kan lag en hardop kan vloek. Jy weet altyd waar jy met my staan.

15 thoughts on “Ek wil soos sy wees

  1. Dis nou die mooiste getuienis ooit. Jy maak my hart soos tjoklits sag. En jy vat die ander 2 perfek vas. Ek is so bly jy het saam gerits. Jy is n plan maker en n raakvatter. En jy het my blog geskryf….. 🤣🤣🤣🤣🤣

    Liked by 3 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s