Die hemel weet

Laat ek skryf voordat ek iemand aanrand, spesifiek my ma. Hoogs gefrustreerd is hoe ek my huidige gemoedstoestand akkuraat kan opsom. Vier dae sonder sonskyn, beteken ons wolk-shedding vier hoogty, die generator loop heeldag sodat die bietjie son wat deur die wolke kom, ons deur die nag kan dra. Nou ja, so hardloop die diesel leeg in die generator en ek is nie sterk genoeg om die Jerry-kan te lig nie, soek die werker. Generator loop weer en sal my ma nie vir my kom vertel: “Die foon werk nie, ons sal hom moet invat…” No shit Sherlock, dis wat ek 10 minute terug vir haar gesê het.

Elke 2 jaar dieselfde storie, my ma en kinders kry nuwe kontrakfone wat goedgunstige Gerda (ek) betaal. Elke 2 jaar werk die kinders se fone, maar my ma s’n het ‘n probleem. Die jaar het Slimmie (ook ek) gedink laat ek die fone kry terwyl my ma hier kuier, laat ek die kinders kry om die foon op te stel, dan is daar minder kans dat ek elke dag vir ten minste 2 weke ‘n oproep kry. Nie gewerk nie. Die flippen foon wil nie Whatsapp voicenotes stuur nie. Ek het nou al gegoogleloer, settings oor ingestel, die hele whatsapp afgehaal en weer geinstalleer, niks. NIKS. As laaste uitweg probeer ek op die voice recorder opneem en wraggies dit werk ook nie, dit beteken iets is fout met die mikrofoon. Sê vir my ma ek sal die foon môre invat. 10 Minute later, terwyl ek sukkel met die generator, kom vertel sy dieselfde vir my.

Die hemel weet….

13 thoughts on “Die hemel weet

  1. So voel ek oor die oom en die elektrisiteit hier in die township….ja, Pretoria Noord word gespesifiseer as Township (nie die speletjie nie) asof ek die kragpaal laat ontplof het in die straat. ek kan n bog daaroor skryf.

    Liked by 1 person

    1. Ek lag so, sy sê ons moet iemand bel, hoe meer ek vra wie nou sal kan help met whatsapp, hoe meer sê sy nee die mense by wie ek die foon gekoop het. Behoede Telkom as sy daar instap, want dis hulle kontrakte

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s