Kinnerlik

Ek word wakker en dink vir een of ander rede vêr terug. Ons was kinders in Stilfontein, ‘n myndorp in die Wes-Transvaal. Ek was 10 toe my ouers geskei is en kort daarna het my pa en sy nuwe vrou Rand toe getrek, so ons 3 kinders en my ma het alleen agter gebly. My ma het nooit vir die myne gewerk nie, sy het vir ‘n olie-mpy gewerk wat verbonde was aan die myn. Sy het dit op ‘n manier reggekry dat ons teen ‘n verminderde huur in ‘n mynhuis kon bly (nou wel nie die R10 wat myners betaal het nie). Wanneer dit Kers-tyd word is ons nooit deel gewees van die kinders wat na die myn se Kers-partytjie genooi is nie.

Sommige jare het my ma se boesem-vriendin (wat die mynbestuurder se sekretaresse was) dit wel bewimpel dat ons 3-tjies ook die kersparty kon bywoon. Ek onthou glad nie enige van die persente nie, net die kinnerlike vreeugde van kaartjies ruil vir roomys. Dan ook nie sommer enige roomys nie, nee bakkie-roomys met hout lepeltjies. Die ry op ‘n miniatuur treintjie was nog ‘n hoogtepunt en natuurlik die deel wees van die dag, die gevoel van behoort, want al ons maatjies was daar. Kinnelike blydskap en opgewondenheid.

Wonder ek wanneer laas ek daai selfde kinnerlike blydskap ervaar het? My wens vir elkeen hierdie jaar is dat ons daai kinnerlike blydskap van ‘n bakkie-roomys sommer ‘n paar keer hierdie jaar sal voel.

8 thoughts on “Kinnerlik

  1. Ja, as kind was ons onbevange gelukkig en die wêreld was ‘n mooi plek. Ek verlang ook baie dae terug na daardie totale vrywees gevoel. Geniet jou 2022 en soek die kind in jou en die pret van wegbreek uit alledaagse beslommernisse.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s