Tweeling

Na aanleiding van Woordnoot se blog oor Boogskutters, raak ek nuuskierig oor wat die sterre oor my te sê het. Een van my vriendinne, wat presies 1 dag, in ouderdom, van my verskil, leef vir die goeters, so sy vertel my gereeld hoe ons twee dieselfde is. Self het ek nog nooit vreeslike waarde hieraan geheg nie.

Nou maak ek maar ‘n lysie, met verwysings daarby en natuurlik my eie kommentaar

Noudat ek weer kyk is ‘n hele klompie van die persoonlikheid-eienskappe op my van toepassing, veral die gou verveeld raak. Ek lees raak dat Mercurius beide Gemini en Virgo se planeet is, wat ons altwee goeie kommunikasie-vermoëns gee, blykbaar is tweelinge net meer uitgesproke, terwyl Virgo eerder intern prosesseer. Die Cosmopolitan artikel het die meeste raakgevat, maar al die goed moet mens maar met ‘n knippie sout vat

7 thoughts on “Tweeling

  1. Eks ook n Virgo. Vind dit snaaks om dit te lees, glo nie daaraan nie Tog is sommige eienskappe waar van my, maar dan kyk ek na ander september verjaarsdae en wonder hoe op dese aarde kan ons albei virgo’s wees en eienskappe deel.

    Liked by 1 person

  2. Ja nee….as mens nou ook als aanvaar en daarvolgens leef sal jy nie die mens wees wat jy moet wees nie want ons het almal n bestanddeel wat die volgende een nie het nie….dit maak elkeen uniek

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s