Sestien Vyf Twee Drama alweer

Die Goue Vroue is ‘n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende link as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…

https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711

“Staan stil, wie gaan daar?”, dawer dit uit. “Aggefokkendonnertjietog, wat nou?”, prewel ek, “Sjjjuuutt”, sê Toorts. Uit die donker sien ons ‘n man staan, met ‘n geweer en ons weet, ons is gevang, red-handed (letterlik) met die rook wat nog uit die voorlaaier trek en die eland aan ons voete. Beelde van die donker gat flits deur my kop, muwwe reuk en donkerte is definitief ons voorland. Gelukkig onthou ek dat die donker gat eers oor ‘n honderd jaar, in die kasteel gebou gaan word (sug verlig).

Verkry vanaf https://thelittlehouseofhorrors.com/castle-of-good-hope/

Terwyl ek nog wonder waar die tronk in die fort is, hoor ek Toorts sê: “Het Jan jou gestuur? Hy het my gevra om die bok te skiet vir die werkers, siende dat ek die beste voorlaaier-skut in die hele Kaap is. Natuurlik kan ons twee dames dit nie alleen op die wa laai nie. Toe toe, roer jou en laai die hom”. Selfs in die donker kan ek sien die mannetjie raak wit om die kiewe, almal weet dat Jan nie teëpraat duld nie, maar die vrouens lyk en klink darem alte vreemd. Siende dat Toorts so met varke gooi, kry ek ook my stem terug, “Sien jy daar, die bloemer aan die vlagpaal? Dis die teken dat ons vrouens geliberaliseer is, solank dit wapper mag geen man enige vrae vra nie, hulle moet dadelik doen wat ons sê.”

Die storie klink so vergesog, dit moet die waarheid wees, die man roep sy werkers nader en tjoef-tjaf is die eland op die wa gelaai en die perde ingespan. Voor hulle enige verdere vrae kan vra, is ons op die wa en daar gaat ons. “Joh, Toorts, ons was ampertjies in groot moeilikheid.” “En ons is nog glad nie daaruit nie”, laat sy hoor, “Ons moet die ander gaan kry en die eland by die werkers uitkry, voor daai mannetjie by Jan uitkom en hoor dat ons deur ons tanne gelieg het.” Die perde galop vinnig met die swaar wa, hopelik kom ons gou genoeg by die ander goue vroue uit, sonder verdere voorval. Toorts sal verder vertel

18 thoughts on “Sestien Vyf Twee Drama alweer

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s