Sorry neh

Ek was net besig om Toorts se artikel http://toortsie.com/2019/01/08/beskerm-jou-huwelik/ te lees, toe hierdie grappie op WhatsApp deurkom:

One morning Gatiep hit Meraai on her BUM and said : “Ou Dikkes, if you firm this up, we could get rid of the Bloomer nê!”
Next morning Gatiep pinched her breast and said: “Ou Dikkes, if you firm this up, we could get rid of your bra nê!!”
So Meraai grabbed him by his willy and said: “Djy weet ou Slappes, if you firm this up, we could get rid of the Postman, the Garderner, the Plumber, the Mechanic and tjou Broer….. Ne!!!!!!”😂🙈

Eish

Van hoarder na minimalis in net 24897 stappe

Stap 1 = Laat 1 ding gaan

Stap 2 – 24897 = Laat 1 ding gaan

Gee weg, gooi weg, verkoop, skenk, maak nie saak wat nie, dis nodig om met minder klaar te kom.

Hoekom – Ek moet trek uit ‘n groot groot huis uit, waar al die kaste choc en bloc vol is van net my goeters, na ‘n veel kleiner huis, met minder kaste.  Boonop moet die minder kaste nie net al my goed bevat nie, maar ook Grim s’n.  Boonop-op is hy ‘n minimalis van formaat, so dit maak nie saak hoe ek daarna kyk nie, alles kan nie saam nie.

Ek het al in ‘n vorige blog geskryf oor my opgaar-neigings en in my agterkop het ek geweet die dag kom spoedig nader wanneer ek ‘n daadwerklike plan sal moet maak.

Stappe (die reriges)

  1. Hou op goed koop – Nou ja dit klink maklik, maar in werklikheid is dit vrek moeilik, want hoe sê jy nou nee vir daai mooi rok of daai messestel of daai wat-ookal.  Letterlik as jy nie verby stap een gaan kom nie, kan jy netsowel opgee.Goeie idee – As jy in winkels koop, vermy winkels, Aanlyn – Vermy die websites of sit iets in jou trolley en los dit daar vir ten minste ‘n dag, dan kyk en besluit jy weer.Brein – As jy iets wil koop, dink hoekom wil jy dit hê?  Hoeveel daarvan het jy reeds? As jy net koop omdat jy dit MOET hê, is dit heel moontlik nie nodig nie.  Los dit.  Maak die som – Hoe meer jy koop, hoe meer geld het jy nodig en hoe langer moet jy werk voordat jy kan aftree/uittree om die dinge te kan doen wat jy eintlik wil doen.
  2. Spandeer langtermyn geld.  Koop die goed wat vir ewig gaan hou.  Belê in jou toekoms.  Dit beteken, spandeer die geld wat jy spaar deur stap 1 te volg op drome of op iets wat die potensiaal het om ‘n inkomste te lewer.                                        Goeie idee – Verkoop die hordes goed wat spasie opvat op OLX of een van daai sites.  Koop slegs items wat meerdoelig en ‘n lang lewensduur het, selfs al kos dit bietjie meer                                                                                                                                     Brein – Doen ordentlike navorsing.  Goedkoop koop is duurkoop.  Maak die som – Wat kos dit om elke keer ‘n ander een van die “cheap” item te vervang vs die koste van ‘n beter een met ‘n waarborg.
  3. Emosionele laat gaan, gee weg.  Hier is waar dit moeilik word.  Besluit op ‘n welsynsorganisasie, maak ‘n donasieboks en besluit om elke dag ten minste 1 ding daarin te sit.  Nou moet jy jouself ‘n paar vrae begin afvra:

    Sal ek huil as ek die item in ‘n vuur verloor? Hoekom of hoekom nie?
    Kan ek dit al weggee? Ja? Sit dit in die boks.

    Nee? Dis ok.. Gaan aan.

    Was dit baie duur? 
    Gebruik ek dit?
    Hoe lank is dit nou al in die kas?
    Sal dit ok wees vir iemand anders om dit te gebruik?
    Kan ek dit opgee as iemand anders dit rerig nodig het?
    Kan ek dit vir iemand leen?

    Aksie: Hou dit of sit dit in die boks

    Maak dit my lewe makliker?
    Is dit een of ander tipe tool?

    Hoe gereeld gebruik ek dit?
    Het ek meer as een daarvan?
    Kan ek dit opgee as iemand anders dit rerig nodig het?

    Aksie: Hou dit of sit dit in die boks

    As al bogenoemde nie werk nie
    Is hierdie ‘n sentimentele item?
    Hoekom?

    Kan die herrinering genoeg wees of moet ek die item hou?
    Kan ek ‘n foto daarvan neem en dit dan weggee?
    Hoekom of hoekom nie?

    Aksie: Hou dit of sit dit in die boks

Goeie idee – Kry 3 bokse vir elke kamer, Pak In, Gooi weg, Gee weg.

Brein – Met minder goed in jou lewe is daar minder goed om reg te pak, af te stof en oor te stres.  Dis nie nodig om alles weg te gee nie, hou die goed wat jy gebruik en die goed wat regtig sentimentele waarde het.

Maak die som – Hoe minder goed jy het, hoe groter is die kans dat jy tyd gaan mors om goed te soek.  Jy gaan ook weet presies wat jy het, so al daai kere wat jy met ‘n “dubbel” by die huis gekom het en dit nooit teruggevat het nie, is verby.  Win win

CM9