Mis

Grim is vir 12 dae op ‘n boys 4*4 ekskursie, al met die Oranjerivier langs, dan so vining in Namibië, deur Botswana en dan huis toe.  Ek mis hom, maar dit gee my tyd om te dink:

  1. Is hy die man vir my?
  2. Wil ek weer single wees?
  3. Gaan ek kan volstaan om nie altyd te doen net wat ek wil nie?
  4. Is hierdie vir ewig, vir ewig?

Dis nou 5 maande sedert ons ontmoet het, die butterflies het plek gemaak vir die alledaagse lewe.  Volgens my raak die butterfly gevoel nogal verslawend, wat maak dat mens spring van een verhouding na die volgende, sodra die krake in die ander person begin wys.  En ons het almal krake.  dis hoe die lig inkom.

So hier’s my antwoorde:

  1. Hierdie man challenge my, ons het ‘n konneksie wat ongehoord is.  Ons doen lekker goed saam, maar is ook tevrede om op die stoep net te sit en koffie drink.  Grim is die man vir my.
  2. Die single lewe is opwindend, jol elke dag, maar beteken ook dat ek my beste voetjie moet voorsit, haartjies gekam en make-up op.  Die kopseer Vrydag het al klaar bewys dat ek nie meer die pas kan volhou nie.  Ek wil ook nie.
  3. Om te compromise vir liefde lyk my is wat vrouens meer doen as mans.  Ek kan nie help om te wonder wat dit nou eintlik is wat ek meer wil doen as wanneer ons bymekaar is nie.  Grim laat my in elk geval toe om te doen net wat ek wil en dan kom hy en stel my voor aan ander goed, wat my wêreld verbreed.
  4. Hoe lank is vir ewig nou eintlik?  Hierdie is die regte ding vir nou.  Ek kan vir ewig saam met die man sien, vir so lank soos vir weig in aardse terme en vir mense moontlik is

8 thoughts on “Mis

  1. Die skoenlappers maak plek vir baie beter dinge. Daardie lekker gevoel verdwyn, maar kameraadskap, bystand in seer tye, intieme grappies wat net jy en jou maat verstaan en honderde ander dinge, is wat ware liefde is.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar