Nooit

“Nooit is ‘n baie lang tyd”, is ‘n bekende gesegde. Vanoggend wonder ek oor nooit. Is nooit langer as altyd? Of is hulle ewe lank? Mens belowe mos om altyd vir iemand lief te wees en wanneer julle trou, belowe jy dit voor God. Maar deesdae se “vir altyd” is in ‘n japtrap verby. Dan belowe jy jouself om nooit weer so lief te raak nie, ook die belofte word vinnig vergeet.
Laas jaar terwyl ek die terapeut gesien het, het ek ook eendag ‘n “nooit” stelling gemaak en sy was vinnig om my tereg te wys. Haar woorde: “Wanneer jy vir jouself sê dat jy iemand nooit weer wil sien nie, is dit asof jy ‘n knoop in jou brein maak. Dan dink jou brein heeltyd aan die nooit en vergeet ook nie” Sy het die waarheid gepraat. Ek vind dat ek nog steeds wonder wat X doen, hoe dit gaan. soveel so dat ek al sy naam ‘n paar keer op die internet ingetik het.
Ek raak sommer moerig vir myself. Ek weet mos dat ek hom nie wil terughê nie, hom nooit weer wil sien nie. Hoekom bly ek dan kyk en soek in ‘n skare mense? Het my brein se knoop permanent vasgehak of sal dit oorgaan. Moeg en siek en sat vir die gemaal in my kop.
Die liedjie wat deesdae in my kop maal, het niks met nooit of altyd te doen nie, bewys net dat dit regtig nou tyd is om vakansie te gaan hou. Laat my ook so bietjie dink aan die alewige vergaderings by die werk, waar almal gelyk wil praat en natuurlik ook die hardste.

 

11 thoughts on “Nooit

  1. Is dit nie maar net menslik om nou en dan te wonder hoe dit met iemand gaan wat jy op ‘n stadium lief voor was nie. Na 53 jaar doen ek dieselfde. So elke twee jaar kyk ek of hy nog lewe… en hy sit doer en gone op ‘n Griekse eiland. Nog lief vir hom? Definitief nie!!!

    Liked by 3 people

Lewer kommentaar