Oppad

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

img_5089-2

Doodse stilte vir die eerste keer op die giggelgroen bus, terwyl Lorenzo probeer kophou op die kronkelende paadjie waar die kranse reg langs die bus sigbaar is.  Hoe het hy so verkeerd gery?  Ons is dan nou in Baviaanskloof, sekerlik moes hy êrens ‘n bord gesien het?  Toorts probeer hard om almal se aandag weg te neem van die afgronde, maar selfs haar stem het nou skril geword.

Die wiele van die bus gaan om en om, om en om….”  O vet, grote genade, daar het een wiel nou net heeltemal in die lug gehang, nee wat daar gaan nou net oë toegeknyp en hard gebid word, geen verdere singery nie.  Maar die wêreld is so ongelooflik mooi hier, die plooiberge het in elk geval die Towerinne stomgeslaan.

Hester laat vanuit die agterste gestoeltes met so klein stemmetjie hoor “My blaas kan nou nie meer nie, wanneer stop ons?  Jy kan Lorenzo hoor blaas uit sy neus uit, GMPH.

Dan skielik is ons weer op die teerpad en almal slaak ‘n sug van verligting.  Tannie Frannie het die kaartboek oopgeslaan en nou weet ons (so soort van) waar ons is.  Ons gaan vir seker nie vandag nog in Calitzdorp arriveer nie, maar ons is darem amper nou in Oudtshoorn, so ons sal maar daar ‘n plek moet vind om te rus.

Gelukkig het De Zeekoe Gasteplaas vir ons almal plek (fotos geleen vanaf hulle webblad)

z3.jpg

z2.jpg

Sommer vining het die Towerinne besluit dat hulle darem die volstruis-hoofstad van die wêreld net mòèt verken en gelukkig ken Baron von Room die plek sommer baie goed, siende dat sy familie hier bly.  Hy reël sommer tjoef tjaf vir ‘n besoek aan ‘n volstruisplaas vanmiddag en ‘n Kango-grot nagtoer ook.  In hierdie dorp kan al die ander aanhangers maar gaan slaap want Abrie ken sy storie.  Lees gerus sy blog oor die groot voël hier, terwyl die Towerinne ‘n draai kap sommer daar in die stofpad op die lekker liedjie

Na die Towerinne behoorlik dit flou gekap het, het Marulaboom gevra dat hulle asseblief in die volgende amptelike video moet optree, daai bikini-lyfies kan maar solank hulle goed pak en maak soos rock-off.

Die kango grotte is betowerend enige dag, maar die Towerinne kan niks gewoonweg doen nie, dus moes hulle gaan grotklim in die nag.  Ek is maar skrikkerig vir nou spasies, maar in Towerland is ek mooi maer en lekker fiks met geen bang haar op my kop nie.

Moeg maar tevrede het die Towerinne teruggekom by die gasteplaas, waar ons onthaal is met geregte so reg uit hierdie geweste, volstruis-steak, wors en heerlike vars groente direk uit die tuin uit.  Lekker slaap, more gaan ons na Calitzfornia!!

_____________________________________________________________________________

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees. Sien: Dis Ekke vir die reëls.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

 

25 thoughts on “Oppad

  1. Ek moet ‘n draai maak my ‘n laundromat. Ek ry nie weer met daai pad terug nie! Og, maar die uitsig was fantabulooslik. En die kangogrotte! Ek was laas daar toe ek swanger was met my dogter (amper 35 jaar gelede) en kon nie oral inkruip nie. Hierdie keer was ek slank, soepel en fiks (want Positief sê in ons verbeeldingswêreld kan ons wees wat ons wil) en ek het die toer terdeë geniet. Ek’s ‘n sexy chick in die grootvoëlparadys 🐔🐥 Pragtige fotos Positief!

    Liked by 4 people

  2. Die sexy hoender…. Well, dans die gaan ons in daai volgende video- loop lê Ricky Martin, die towerinne gaan jou ‘n ding of 2 wys! Sorry my oë was toe met die afgrond en na daai poeding wat Toortsie gemaak het met al daai drank in is ook nou op- geen gevoel van die ribbekas af nie😁🐧💃💃

    Liked by 1 person

  3. Positief, wraggies. Lekkerte tot boordens toe vol. A, Baviaans, ek het mooi onthou van ‘n vakansie en bly in ‘n langhuis! Jy sê ons het mooi, fikse lywe, dis net wat ek nodig het om te hoor. Sien uit na die kuier in Calitzfornia! Knap gedaan, jy was verniet benoud.

    Liked by 1 person

  4. Neeeeeeee daardie trip was nog erger as die een af hel toe met ‘n kombi vol kinders. Lus en draai Lorenzo nek om. Fiks en soepel….maar deur die koorsteen klim by die grotte…not in your life!!!!

    Liked by 1 person

  5. Oeweeeee was die grotte nie ‘n absolute ondervinding!! Wow die staligmiete en staligtiete is amasing. So met al die geklim en klouter het ons darrm bietjie ontslae geraak van n paar oorbodige energie na die adrenaline rush met die hoogtes en benoudhede op die bus…

    Liked by 1 person

  6. Kyk Positief, dat ek nog hoegenaamd in die lewe is na daardie vreesaanjaende pas, is n wonder. Ek is bang om op n tafel te klim, wat nog van in ‘n bus op n bergpas! Ek het die grotte so geniet…die laaste keer toe ek daar was het my ou Pappa nog geleef. Ek dink dit was ook sy laaste ‘uitgaan’. Kan nnie wag vir Calitzdorp nie…ek het n storie oor daai plekkie. Dankie Positief!!! Sien uit na die opvolg!

    Like

  7. Sjoekiedoekie, dit was darem maar n klmp benoude oomblikke so al hangende oor die afgrond. Gelukkig het LOrenzo sterk armspiere en kon hy die ou bus met sy waardevolle lading weer op die regte spoor kry. Abrie en sy Kangogrotte stories het my bietjie seenuweeagtig gemaak. Ek vertrou hom gladnie agter my nie. Solank ek hom kan sien voel ek veilig maar so in die donker aikona! Knyp die kat in die donker letterlik en figuurlik(daardie motorfietsmanne in ag genome!)

    Liked by 2 people

  8. Daar deur die pas het ek uitgeklim om kastig foto’s te neem, maar dit was al die tyd omdat ek bang was vir daardie afgronde. Gelukkig het Lorenzo stadig gery en kon ek darem bybly.
    Sjoe die grotte was ‘n heerlike ondervinding en die gasteplaas uit die boonste rakke. Dankie tog vir diamante in daardie mandjie!

    Liked by 1 person

  9. Ek kom nou eers so bietjie bietjie by na daardie woeste rit. Dankie tog vir versterkings onder die sitplekke. Asemrowend! Die mooiste beleef jy weg van die genaande weë of liewer geteerde roetes. Al was hierdie ń benoude een.
    Die grotte was ń belewenis. Ek klim net nie in daai skoorsteen op nie. Nee dankie sê die gansie. Abrie ken sy stories. Die gasteplaas was ń welkome oase na al die stof.

    Like

Lewer kommentaar op woordnoot Kanselleer antwoord